Pro14: Cheetahs se keerwerk, Kings se dissipline moet beter

Dit was, al was dit net plek-plek, ʼn beter vertoning deur die Cheetahs verlede week en nog méér so deur die Southern Kings, al het albei pak in die Pro14-reeks teen onderskeidelik Glasgow en Ulster gekry.

Vrydagaand kry die Vrystaat, met net twee veranderinge aan hul beginspan, kans om verdere vordering teen Ulster te toon. Om oor ʼn moontlike oorwinning te praat, is seker voortydig, hoewel snaakse goed in rugby kan gebeur.

Die Kings speel Saterdag by die Nelson Mandela-universiteit teen Glasgow, en as (hoeveel keer het ʼn mens dit verlede seisoen nie ook gesê nie!) hulle net in die tweede helfte hul spelpeil kan handhaaf, is ʼn verrassing seker moontlik.

Toevallig is Ulster en die Skotse span Glasgow die enigste van die 14 spanne in die reeks wat ná drie rondes steeds onoorwonne is.

♦  Ulster se driedrukrekord is maar aan die eina-kant met net ses drieë (drie daarvan teen die Kings) in hul drie wedstryde terwyl Glasgow al 14 keer (sewe teen die Cheetahs) gaan druk het.

Maar die Cheetahs, om dié oënskynlike swakplek van Ulster uit te buit, sal hul verdediging drasties moet opknap.  Twintig drieë wat in drie wedstryde afgestaan is, dui presies aan waar hul heel swakste plek is: op die verdediging.

Dit is die meeste in die reeks en is ses drieë meer as die Dragons, wat 14 afgestaan het en twee keer soveel as die Kings se tien.

Ulster het verlede naweek vyf drieë ná rustyd (sewe in totaal) teen hulle gedruk nadat die Vrystaters ʼn taamlike goeie eerste helfte agter die rug gehad het en trouens rustyd met 19-14 voor was

♦  Net so het die Kings ʼn swak plek wat eenvoudig uitgeskakel moet word: hul swak dissipline.

Geen span wat wil wen kan bekostig om 22 strafskoppe af te staan nie. Nie eens die skeidsregter se reëlvertolkings kan as verskoning gebruik word nie.

Spanne ‒

Cheetahs vs Ulster,  Vrydag 19:15 Vrystaat-stadion

Cheetahs
15 Malcolm Jaer, 14 William Small-Smith, 13 Benhard Janse van Rensburg, 12 Nico Lee, 11 Rabz Maxwane, 10 Tian Schoeman, 9 Tian Meyer (kaptein), 8 Niell Jordaan, 7 Junior Pokomela, 6 Gerhard Olivier, 5 Jean-Pierre du Preez, 4 Walt Steenkamp, 3 Aranos Coetzee, 2 Joseph Dweba, 1 Ox Nche. Bank: 16 Jacques du Toit, 17 Charles Marais, 18 Günther Janse van Vuuren, 19 Justin Basson, 20 Stephan Malan, 21 Shaun Venter, 22 Louis Fouche, 23 Ryno Eksteen.

Ulster
15 Will Addison, 14 Craig Gilroy, 13 Henry Speight, 12 Stuart McCloskey, 11 Angus Kernohan, 10 Billy Burns, 9 Dave Shanahan, 8 Marcell Coetzee, 7 Sean Reidy, 6 Matt Rea, 5 Kieran Treadwell, 4 Alan O’Connor, 3 Wiehahn Herbst, 2 Rob Herring (kaptein), 1 Eric O’Sullivan. Bank: 16 John Andrew, 17 Andrew Warwick, 18 Tom O’Toole, 19 Jean Deysel, 20 Nick Timoney, 21 Jonny Stewart, 22 Angus Curtis, 23 Darren Cave.

Skeidsregter: Ben Whitehouse (Wallis).
Assistent-skeidsregters: Sam Grove-White (Skotland), Ben Crouse (Suid-Afrika).
TV-skeidsregter: Johan Greeff (Suid-Afrika).

Southern Kings vs Glasgow, Saterdag 15:00, Nelson Mandela-universiteit

Southern Kings
15 Masixole Banda, 14 Yaw Penxe, 13 Harlon Klassen, 12 Berton Klassen, 11 Bjorn Basson, 10 Martin du Toit, 9 Rudi van Rooyen, 8 Ruaan Lerm, 7 Andisa Ntsila, 6 Henry Brown, 5 JC Astle, 4 Bobby de Wee, 3 Luvuyo Pupuma, 2 Michael Willemse (kaptein), 1 Schalk Ferreira.
Bank: 16 Alandre van Rooyen, 17 Justin Forwood, 18 Martin Dreyer, 19 Stephan Greeff, 20 CJ Velleman, 21 Godlen Masimla, 22 Ntabeni Dukisa, Michael Botha.
Glasgow Warriors
15 Ruaridh Jackson, 14 Tommy Seymour, 13 Huw Jones, 12 Nick Grigg, 11 DTH van der Merwe, 10 Pete Horne, 9 Nick Frisby, 8 Adam Ashe, 7 Chris Fusaro, 6 Ryan Wilson (kaptein), 5 Scott Cummings, 4 Greg Petersen, 3 D’Arcy Rae, 2 George Turner, 1 Jamie Bhatti.
Bank: 16 Fraser Brown, 17 Alex Allan, 18 Kevin Bryce, 19 Rob Harley, 20 Callum Gibbins, 21 Ali Price, 22 Adam Hastings, 23 Robbie Nairn.

Skeidsregter: Andrew Brace (Ierland)
Assistent-skeidsregters: Frank Murphy (Ierland), Paul Mente (Suid-Afrika)
TV-skeidsregter: Marius Jonker (South Africa)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.