Pro14: Kings sal groot skare in PE trek; ‘nuwe’ Cheetahs in die spervuur

Dit kan wel wees dat die Kings Saterdag (15:00) voor die grootste skare nog by ʼn Pro14-wedstryd in Suid-Afrika speel wanneer hulle teen Ulster te staan kom.

Die wedstryd word in die Wolfsonstadion in die KwazaKhele-township in Port Elizabeth gespeel.

Die provinsiale wedstryde – op dieselfde dag – van die OP Kings teen die Westelike Provinsie en die Grens Bulldogs teen die Boland Kavaliers vroeër vanjaar in die Supersportreeks, is deur sowat 12 000 toeskouers bygewoon.

Dit is meer as wat die Kings tot dusver in die Pro14-reeks in die Nelson Mandelabaai-stadion getrek en wat die Cheetahs se wedstryde in Bloemfontein bygewoon het.

Kan die Kings dalk Saterdag teen die Iere hul heel eerste oorwinning in die Pro14-reeks behaal? Of dalk selfs hul eerste punt op die puntelys kry?

Niemand sal weet nie, maar as jy wil wed, is die antwoord “nee”. Die span speel klaarblyklik net in die eerste helfte en het te veel leemtes op aanval en verdediging.

Wie weet, dalk is die ongelyke veld wat aan die een kant “hoër” is sodat ʼn skop na de laer kant vinniger na die kantlyn sal rol, ʼn Kings-bondgenoot; en ook die harde oppervlak kan vir die Iere ʼn nagmerrie ná hul sagte velde oorsee wees.

Spanne –

Southern Kings
15 Yaw Penxe, 14 Michael Makase, 13 Berton Klaasen, 12 Luzuko Vulindlu, 11 Alshaun Bock, 10 Oliver Zono, 9 Rudi van Rooyen, 8 Ruaan Lerm, 7 Jurie van Vuuren, 6 Andisa Ntsila, 5 Bobby de Wee, 4 Stephan Greeff, 3 Rossouw de Klerk, 2 Stephan Coetzee, 1 Schalk Ferreira (kaptein). Bank: 16 Tango Balekile, 17 Mzamo Majola, 18 Martin Dreyer, 19 Lindokuhle Welemu, 20 Dries van Schalkwyk, 21 Rowan Gouws, 22 Kurt Coleman, 23 Jarryd Sage.

Ulster
15 Charles Piutau, 14 Craig Gilroy, 13 Louis Ludik, 12 Darren Cave, 11 Andrew Trimble, 10 Christian Leali’ifano, 9 John Cooney, 8 Sean Reidy, 7 Chris Henry (kaptein), 6 Matty Rea, 5 Alan O’Connor, 4 Kieran Treadwell, 3 Wiehahn Herbst, 2 John Andrew, 1 Andy Warwick. Bank: 16 Adam McBurney, 17 Callum Black, 18 Ross Kane, 19 Robbie Diack, 20 Clive Ross, 21 Jonny Stewart, 22 Peter Nelson, 23 Tommy Bowe.

Skeidsregter: Quinton Immelman (Suid-Afrika)
Assistent-skeidsregters: Rasta Rasivhenge, Ben Crouse (Suid-Afrika)
Televisieskeidsregter: Shaun Veldsman (Suid-Afrika)
Afskop: 15:00

Connacht vs Cheetahs, Galway, afskop 21:35

Saterdagaand kom die Cheetahs in Galway teen Connacht te staan.
Dit is ʼn wedstryd wat die Vrystaters behoort te wen as jy jou op die puntelys verlaat, mits hulle nie soos verlede week teen Zebré eers teen die einde wakker skrik nie.

Maar vergeet van die puntelys. Connacht, wat net een van hul laaste vier wedstryde tuis verloor het, sal in die praktyk ʼn handvol wees.

Boonop is daar die effek wat die agt skuiwe aan die Cheetahsspan op die samespel mag hê.

ʼn Nuwe agterste driehoek, met Fred Zeilinga wat uit posisie op heelagter die soveelste speler is wat die Cheetahs daar inspan (die ander was Clayton Blommetjies, Sergeal Petersen, selfs Raymond Rhule), twee nuwe senters, ʼn verandering in die voorry, op slot en ʼn nuwe gesig en posisionele skuif onder die losvoorspelers maak hierdie ʼn amperse eksperimentele span.

Spanne –

Connacht
15 Tiernan O’Halloran, 14 Darragh Leader, 13 Tom Farrell, 12 Craig Ronaldson,11 Niyi Adeolokun,10 Jack Carty, 9 Caolin Blade, 8 John Muldoon (kaptein), 7 Eoin McKeon, 6 Eoghan Masterson, 5 James Cannon, 4 Quinn Roux,  3 Finlay Bealham, 2 Tom McCartney, 1 Denis Buckley. Bank: 16 Dave Heffernan, 17 Denis Coulson, 18 Conor Carey, 19 Gavin Thornbury, 20 Naulia Dawai, 21 Conor McKeon, 22 Steve Crosbie, 23 Matt Healy.

Cheetahs
15 Fred Zeilinga, 14 Luther Obi, 13 Tertius Kruger, 12 Nico Lee, 11 Makazola Mapimpi, 10 Ernst Stapelberg, 9 Tian Meyer, 8 Junior Pokomela, 7 Jasper Wiese, 6 Paul Schoeman, 5 Hugo, Reniel, 4 Carl Wegner, 3 Johan Coetzee, 2 Torsten  van Jaarsveld (kaptein), 1 Ox Nche. Bank: 16 Joseph Dweba, 17 Charles Marais, 18 Tom Botha, 19 Dennis Visser, 20 Rynier Bernardo, 21 Zee Mkhabela, 22 Ali Mgijima, 23 Shaun Venter.

Skeidsregter: Frank Murphy (Ierland)
Assistent-skeidsregters: John Lacey, Kieran Barry (Ierland)
Televisieskeidsregter: Leo Colgan (Ierland)

Afskop: 21:35

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.