Pro14: Oorsese media raak moeg vir flou Kings

Dis simptomaties van Suid-Afrikaanse rugby… om te hoop dat die probleme sal wegwaai, moontlik self opgelos sal word, of later aangepak kan word, of altans so lyk dit van die kantlyn af.

Hoekom is Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), en sy ander uitvoerende bestuurslede so stil oor die geploeter van die Southern Kings in die Pro14-reeks?

Of is dit bloot ʼn probleem wat André Rademan, die president van OP-rugby, en die res van sy bestuur moet oplos?

Ja, sekerlik word daar agter die skerms gewerk, maar hoekom word die gewone man nie daaroor gerus gestel nie?

Glo hulle ons nie?

Sestien wedstryde gespeel, al 16 verloor. Net 244 punte aangeteken, maar 667 afgestaan vir ʼn negatiewe punteverskil van 423. Net een van die ander ses spanne in die Kings se afdeling, die Newport Gwent Dragons (NGD), het ook ʼn negatiewe punteverskil.

Dit gaan nie help om voorraad op te neem ná die Europese seisoen nie. Die nuwe seisoen begin reeds in Augustus wanneer die Europeërs weer begin oefen en voorberei. Daar is nóú ʼn krisis in die Baai, daar sal nóú planne gemaak moet word, want dis ʼn baie swak uitstalvenster vir Suid-Afrikaanse rugby.

Die spelers word na die slagpale gelei, dis nie hulle skuld nie, hulle is daartoe gedwing.

As die rugbybase ons steeds nie glo nie, gaan lees maar wat die oorsese koerante van die Kings dink. Tot dusver was hulle baie bedeesd, maar nadat Leinster Vrydagaand die Kings met 64-7 vermorsel het (Leinster het boonop baie akademie-spelers ingespan), het die kritiek begin neerreën.

“Daar is niks oor hulle om oor verslag te doen nie,” was die skreiende kommentaar in die Irish Times. “Die proefneming (om die Kings en Cheetahs in die reeks te laat speel) het nie geslaag nie.”

Eina! Volgens die verslag kon die Kings baie maklik 100 punte (of selfs 200) afgestaan het, maar Leinster (soos baie ander spanne) het die voet van die pedaal afgehaal nadat hulle met 40-50 punte voor was.

As dit darem nie ʼn vingerwysing is nie, wat is dan?

En o ja, wanneer word daar oor die toekoms van die Curriebekerreeks besluit? Wanneer word die Springbok-afrigtingspan vasgeknoop?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

rollie ·

Die Kings speel dan in die B-afdeling van die Curriebeker hoe kan dit dan anders. Hul deelname aan die elite kompetisies van Super Rugby en Pro 14 was nog nooit op meriete nie.

Frans C ·

Dit is ‘n skandvlek op Suid Afrikaanse rugby en sy Administrasie.Dit was van die begin af duidelik dat die span nooit die mas sou opkom nie,nadat talle spelers na die Super 18 (2017) hul heenkome in ander spanne begin soek het.

Tog het SARU blindelings die spelers vir die wolwe gegooi.Nou is daar nog ‘n sterk moontlikheid dat ook die Cheetahs nog een van hul ster spelers Francois Venter, aan ‘n Engelse klub gaan verloor.Intussen doen SARU niks om die uittog te keer nie en is daar ‘n lawwe 30 toetse -toets vfoordat ‘n man weer vir die Bokke kan speel.

In die Beroeptydperk moet ‘n mens soos in die sokkerspanne net eenvoudig die beste spelers kies om vir hul land te speel,ongeag waar hul in die wêreld speel.

Tommie Lyons ·

Nou moet ander lande met ons politike gemors opgeskeep word

Mccinley ·

Yes please, vat julle spanne terug, pateties isn’t the even the word. They should play highschool rugby, maybe they’ll win a game. Cheetahs is n klein bietjie beter, maar still not on the right level, couldn’t play SR still can’t play P14 rugby, go back and stay in SA, work yourself up as a team en hou op liefdadigheid by ons soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.