Pro14-skare ontruim stadion ná brandalarm

Die derby-wedstryd Saterdag tussen die twee Skotse Pro14-spanne op Scotstoun, Glasgow, is twee minute voor rustyd ontruim.

Luidens berigte moes die spelers en die 7 300 toeskouers wat die stadion volgepak het dit inderhaas verlaat, en het Sky Sports se uitsending in die slag gebly.

Dit het glo gevolg nadat ʼn brandalarm in die stadion afgegaan het.

Glasgow Warriors het op daardie tydstip met 3-0 teen Edinburg voorgeloop.

Die skare is na sowat `n halfuur toegelaat om terug te keer, die verlore twee minute is afgelas, en die wedstryd is met die tweede helfte hervat.

Die ontruiming het sonder klaarblyklik sonder voorval geskied.

Glasgow het die weeromwedstryd met 17-0 gewen, nadat Edinburg hom die dag voor Kersfees in sy enigste nederlaag tot dusver in vanjaar se reeks verrassend met 18-17 geklop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.