Pro14: vir Kings en Cheetahs is skoen aan die ander voet

Vreemde velde en vreemde teenstand is nie maklik nie, soos die Cheetahs en die Southern Kings reeds eerstehands oorsee geleer het. Maar Saterdag is dié situasie aan die ander voet.

Dit is veral die Kings wat sal hoop dat Leinster, teen wie hulle Saterdagaand in nog ʼn stukkie Pro14-geskiedenis in die Baai speel, gaan sukkel om hulle voete te vind; die Cheetahs het in Bloemfontein  ʼn veel makliker uitdaging teen Zebre, wat al lank in die liga sukkel.

Southern Kings vs Leinster, Nelson Mandelabaai-stadion – Saterdag 14:15

Leinster is een van die bulspanne in die Pro14-reeks, en ondanks die verlies die week van twee ervare spelers weens visumprobleme, sal die ervare klomp Iere met talle toetsspelers in hul geledere glo hulle kan vinnig in Suid-Afrikaanse toestande aanpas.

Die Iere het albei hulle Pro14-wedstryde tot dusver gewen, die Kings het albei hulle s’n ver verloor.

Die skrum in die noorde, op die swaarder dog steeds droë velde, is ʼn kuns. Tot dusver het die Kings in hierdie faset gesukkel. Luvuyo Pupuma, Michael Willemse en Schalk Ferreira sal hier die grondslag vir redelike besit moet lê of Kurt Coleman-hulle sal weer meer moet keer as aanval.

Ja, dit is ʼn nuwe span, en ja, daar is ook kommunikasieprobleme op die verdediging wat aan ‘t verbeter is, en die samespel by die afbreekpunte sal moet beter.

Spanne –

Southern Kings
1
5 Masixole Banda, 14 Yaw Penxe, 13 Berton Klaasen, 12 Luzuko Vulindlu, 11 Sibusiso Sithole, 10 Kurt Coleman, 9 Rudi van Rooyen, 8 Andisa Ntsila, 7 Victor Sekekete, 6 Khaya Majola, 5 Dries van Schalkwyk, 4 Stephan Greeff, 3 Luvuyo Pupuma, 2 Michael Willemse (kaptein), 1 Schalk Ferreira. Bank: 16 Stephan Coetzee, 17 Petrus Strauss, 18 Martin Dreyer, 19 Bobby de Wee, 20 Siyabulela Mdaka, 21 Godlen Masimla, 22 Ntabeni Dukisa/Oliver Zono, 23 Jacques Nel.
Leinster
15 Joey Carbery, 14 Adam Byrne, 13 Rory O’Loughlin, 12 Noel Reid, 11 Dave Kearney, 10 Ross Byrne, 9 Luke McGrath, 8 Jack Conan, 7 Jordi Murphy, 6 Rhys Ruddock (kaptein), 5 James Ryan, 4 Ross Molony, 3 Andrew Porter, 2 Seán Cronin, 1 Ed Byrne. Bank: 16 James Tracy, 17 Cian Healy, 18 Michael Bent, 19 Mick Kearney, 20 Josh van der Flier, 21 Nick McCarthy, 22 Cathal Marsh, 23 Jordan Larmour.

Skeidsregter: Ben Whitehouse (Wallis)
Assistent-skeidsregters: Mike Adamson (Skotland), Cwengile Jadezweni (SA)
Televisieskeidsregter: Johan Greeff (SA)

Cheetahs vs Zebre, Vrystaatstadion – Saterdag 19:30

♦  Soos vir die Kings is daar vir die Cheetahs nog meer as sewe maande se ligawedstryde wat tot einde April voorlê. Van hulle het boonop na die Superreeks weinig ruskans gehad omdat hulle by die Curriebekerreeds betrokke was.

Hulle sal moet rus waar daar kans is. Rory Duncan het gedink Saterdag is die regte tyd teen Zebre van Italië wat oor seisoene die melkkoei van die reeks is.

Samespel met die nuwelinge kan dalk lol; maar dit kan eenvoudig nie anders nie.

Dis tandekry-tyd, en die pyn sal verbygaan.

Een wen, vir die Cheetahs, en een neerlaag, vir die Kings, lyk na ʼn redelike voorspelling oor die plaaslike spanne se kanse..

Maar rugby is rugby, en die Kings is gewoond aan verras.

Spanne –

Cheetahs
15 Sergeal Petersen, 14 Luther Obi, 13 Francois Venter (kaptein), 12 William Small-Smith, 11 Makazole Mapimpi, 10 Ernst Stapelberg, 9 Shaun Venter, 8 Junior Pokomela, 7 Henco Venter, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Tom Botha, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Ox Nche. Bank: 16 Jacques du Toit, 17 Charles Marais, 18 Johan Coetzee, 19 Rynier Bernardo, 20 Chris Dry, 21 Tian Meyer, 22 Nico Lee, 23 Cecil Afrika.
Zebre
15 Ciaran Gaffney, 14 Giulio Bisegni, 13 Mattia Bellini, 12 Tommaso Castello (kaptein), 11 Gabriele Di Giulio, 10 Carlo Canna, 9 Marcello Violi, 8 Renato Giammarioli, 7 Giovanni Licata, 6 Johan Meyer, 5 George Biagi, 4 David Sisi, 3 Dario Chistolini, 2 Oliviero Fabiani, 1 Andrea Lovotti. Bank: 16 Sami Panico, 17 Andrea De Marchi, 18 Roberto Tenga, 19 Leonard Krumov, 20 Derick Minnie, 21 Guglielmo Palazzani, 22 Serafin Bordoli, 23 Faialaga Afamasaga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.