Program vir 2015 gunstig vir die Bokke

SANZAR-logoDie waarskynlike loting vir aanstaande jaar se verkorte Rugbykampioenskap lyk gunstig vir Suid-Afrika, wat twee van net drie toetse op tuisbodem sal speel.

Die belangrikste voordeel is dat die Bokke die All Blacks in Suid-Afrika – waarskynlik op die Hoëveld – sal aanvat.

Hierdie verandering – die kortste Rugbykampioenskap nog – word genoodsaak deur die Wêreldbekertoernooi wat van 18 September tot 31 Oktober in Engeland aangebied word.

Die Springbokke speel aanstaande jaar net vier toetse voordat die Wêreldtoernooi begin teenoor vanjaar se 14 toetse in die kalenderjaar. Dit beteken dat daar nog 16 toetse oorbly voordat die Bokke in die groot vierjaarlikse toernooi speel.

Die amptelike program is nog nie bekend nie, maar Sport24 skryf op goeie gesag dat die Springbokke se waarskynlike program bestaan (in volgorde) uit Argentinië (tuis), Australië (weg) en Nieu-Seeland (tuis).

Die Bokke sal dan ‘n ekstra toets in Argentinië speel wat nie vir die Rugbykampioenskap tel nie, terwyl die All Blacks en die Wallabies ‘n soortgelyke toets speel.

Daar is aanstaande jaar ook geen internasionale Junie-venster nie, wat meebring dat die volle Superrugbykompetisie ononderbroke gespeel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.