Promosa Tigers beveg drank en dwelms met rugby

Jerry Venker (Promosa Tigers se opkomende speler van die jaar), Michael Thorne (president), Vernoreen Thorne-Roems (voorsitter) en Brendon Mabee (hulpafrigter). (Foto: Promosa Tigers)

Jerry Venker (Promosa Tigers se opkomende speler van die jaar), Michael Thorne (president), Vernoreen Thorne-Roems (voorsitter) en Brendon Mabee (hulpafrigter). (Foto: Promosa Tigers)

Die Luiperds-klub Promosa Tigers gebruik rugby om alkohol en dwelms te beveg in `n gemeenskap waar dit baie van die jong mense vernietig.

Só laat weet Arno Roems, `n woordvoerder van die klub.

Hy het voorts aan Pale Toe! gesê dis die klub se doelwit om vanjaar die Luiperds se Jaap Steynliga te wen.

Devan Williams is verlede jaar as die klub se speler van die jaar aangewys en Jerry Venker as die opkomende speler van die jaar.

Devan Williams - speler van die jaar. (Foto: Promosa Tigers)

Devan Williams – speler van die jaar. (Foto: Promosa Tigers)

Tigers is een van die eerste klubs om `n vrou tot voorsitter te verkies en na berig word, doen Vernoreen Thorne-Roems  baie goeie werk in dié pos.

Die klub is in 1983 onder die vleuels van die destydse SA Rugbyunie (Saru) tot stand gebring, en een van die stigterslede Michael Thorne dien deesdae as president van Tigers.

Deur sy toedoen spog die klub met `n veld, kleedkamers en `n klubhuis nadat hy aanvanklik in die veld langs Promosa se Poortjiedam geoefen het.

Die dorpsmense was destyds grootliks `n sokkergemeenskap en Thorne en sy voorgangers Richard Nell en Floris Maasdorp moes hard werk om `n rugbykultuur daar te vestig.

Naas die Jaap Steynliga speel Promosa Tigers ook in die James Stoffbergliga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.