Provinsiale rugby op Grabouw, Schweizer en Katu

Die SA Rugbyunie (Saru) se beleid om plaaslike gemeenskappe aan provinsiale rugby bloot te stel, bring mee dat plekke soos Schweizer-Reneke, Grabouw en Kathu vanjaar wedstryde in die Supersportreeks huisves.

Luidens die bepalings wat pas deur Saru bekend gemaak is, speel die Luiperds op 21 April op die Hoërskool Schweizer-Reneke se veld teen die Griffons, Boland op 19 Mei teen die Oostelike Provinsie op Grabouw, en Griekwas dieselfde dag teen die Griffons op Kathu.

Malmesbury kry sy beurt wanneer Boland en Suidwestelike Distrikte mekaar op 12 Mei op Wesbank se veld pak; die Sharks en die Luiperds raak op 9 Junie op Piet Retief slaags; en op 16 Junie meet die Pumas en Namibië se Welwitschias by die Sasol-rugyklub op Secunda kragte.

Al die speelvelde is nog nie vasgestel nie en nóg van die kleiner sentra sal waarskynlik betrek word.

Die reeks wat op 21 April afskop en tot 15 Julie duur, word weer in drie groepe afgehandel.

Die Noordgroep omvat die Blou Bulle, Goue Leeus, Valke, Pumas en Welwitschias.

Vrystaat, die Griffons, Griekwas, die Luiperds en Sharks vorm die Sentraalgroep.

Die Suidgroep bestaan uit Boland, Grens, die OP, die SWD en die Westelike Provinsie.

Die verdedigende kampioen, die WP, se eerste kragmeting is op 22 April teen die OP in Port Elizabeth.

Die bepalings –

Saterdag 21 April
Pumas t Blou Bulle (Nelspruit-rugbyklub, 15:00)
Welwitschias t Valke
Griekwas t Sharks
Luiperds t Griffons (HS Schweizer-Reneke, Schweizer-Reneke, 15:00)

Sondag 22 April – rugbyfees in Wolfsonsadion, Kwazakhele (regstreeks op SS10)
Goue Beker-aanspraakstryd (spanne sal bevestig word) – 10:30
Boland t Grens (12:45)
WP t OP (15:00)

Saterdag 28 April
OP t SWD (Nelson Mandelabaai-stadion, Port Elizabeth)
Blou Bulle t Welwitschias (Loftus Versfeld, Pretoria)
Goue Leeus t Pumas
Grens t WP
Griffons t Vrystaat
Griekwas t Luiperds (Griekwapark, Kimberley, 15:00)

Vrydag 4 Mei
Vrystaat t Luiperds (Shimlapark, Bloemfontein, 18:00)

Saterdag 5 Mei
WP t Boland (Nuweland, Kaapstad)
Sharks t Griffons (Kingspark, Durban, 14:30)
Welwitschias t Goue Leeus
Valke t Blou Bulle
SWD t Grens

Saterdag 12 Mei
Valke v Goue Leeus
Welwitschias v Pumas
Boland v SWD (Wesbank-sportterrein, Malmesbury, 15:00)
Grens v OP

Sondag 13 Mei – rugbyfees by Impala-rugbyklub, Rustenburg (regstreeks op SS10)
Goue Beker-aanspraakstryd (spanne sal bevestig word) – 10:30
Griekwas t Vrystaat (12:45)
Luiperds t Sharks (15:00)

Saterdag 19 Mei
Pumas t Valke (Mbombela-stadion, 15:00)
Boland t OP (Grabouw-rugbyklub, 15:00)
Griekwas t Griffons (Sivosstadion, Kathu)
Vrystaat t Sharks

Sondag 20 Mei – rugbyfees op Bridgton-sportterrein, Oudtshoorn (regstreeks op SS10)
Goue Beker-aanspraakstryd (spanne sal bevestig word) – 10:30
Blou Bulle t Goue Leeus (12:45)
SWD t WP (15:00)

Vrydag 25 Mei
Luiperds t Griekwas (Fanie du Toit-sportterrein, Potchefstroom,15:00)
Grens t Boland (Buffalostad-stadion, Oos-Londen, 19:00)

Saterdag 26 Mei
Blou Bulle t Pumas (Loftus Versfeld, Pretoria)
Valke t Welwitschias
OP t WP
Vrystaat t Griffons

Vrydag 1 Junie

Luiperds t Vrystaat (Fanie du Toitsportterrein, Potchefstroom, 15:00)

Saturday 2 June
Welwitschias t Blou Bulle
Pumas t Goue Leeus (Mbombelastadion, 15:00)
WP t Grens
SWD t OP
Griffons t Sharks

Vrydag 8 Junie
Blou Bulle t Valke (Loftus Versfeld, 15:00)
Goue Leeus t Welwitschias

Saterdag 9 Junie
Grens t SWD
Boland t WP (Bolandpark, Worcester, 15:00)
Sharks t Luiperds (Piet Retief-rugbyklub, 17:00)
Vrystaat t Griekwas

Saterdag 16 Junie
Goue Leeus t Valke
Pumas t Welwitschias (Sasol-rugbyklub, Secunda, 15:00)
SWD t Boland
Griffons t Luiperds (Welkom, 15:00)

Sondag 17 Junie – rugbyfees in Sisa Dukashe-stadion, Mdantsane (regstreeks op SS10)
Goue Beker-aanspraakstryd (spanne sal bevestig word) – 10:30
Sharks t Griekwas (12:45)
Grens t OP (15:00)

Saterdag 23 Junie
OP t Boland
WP t SWD
Griffons t Griekwas
Sharks t Vrystaat

Sondag 24 Junie – rugbyfees in Bill Jardine-stadion, Longdale, Johannesburg (regstreeks op SS10)
Goue Beker-aanspraakstryd (spanne sal bevestig word) – 10:30
Valke t Pumas (12:45)
Goue Leeus t Blou Bulle (15:00)

Saterdag 30 Junie/Sondag 1 Julie – velde sal bevestig word
Kwarteindronde (insluitende rugbyfees)

Sondag 8 Julie – veld sal bevestig word
Halfeindronde (rugbyfees)

Sondag 15 Julie – veld sal bevestig word
Eindstryd (rugbyfees)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.