Provinsiale rugby skop onder wolk af

De-Jay Terblanche – 175ste wedstryd. (Foto: André Meintjes/Pumas)

Suid-Afrika se provinsiale rugbyprogram skop Saterdag af onder ʼn wolk van onsekerheid of een van die beplande wedstryde sal plaasvind.

Daar is sterk twyfel of die

wedstryd Sondag in Port Elizabeth tussen Grens en Boland sal plaasvind.

ʼn Beslissing word glo Vrydag verwag.

Die Grens-rugbyunie bevind hom jare lank al in ’n omstredenheid, en dis berig dat hy Dinsdag voorlopig gesekwestreer is. Hoe dit Grens se deelname in die geheel raak, is nie bekend nie.

Dis egter nie ál vrae wat die Supersportreeks sal moet beantwoord nie.

Ook tot watter mate dit ondersteuners sal aangryp, sal die tyd moet leer.

ʼn Ooraanbod rugby op TV, onbevredigende vertonings deur Suid-Afrikaanse spanne en verwaterde reekse eis onteenseglik hul tol wat belangstelling in die spel betref.

Om leë stadions en gepaardgaande verliese te vermy, word provinsiale rugby toenemend op klub- en selfs skoolvelde gespeel, en op dorpe wat nooit voorheen hiervoor oorweeg is nie.

In van hierdie gevalle het van die organiseerders selfs al hul vingers verbrand deurdat die opkoms nie aan die verwagting voldoen het nie.

Ewenwel, vanjaar se Supersportreeks spring Saterdag weg met wedstryde in Nelspruit, Windhoek, Kimberley en op Schweizer-Reneke. Sondag volg nog twee (dalk net een) op die Wolfsonstadion, Kwazakhele, Port Elizabeth.

Die Pumas het in die verlede getoon dat hulle nie in die reeks vir die Blou Bulle terugstaan nie, en die kragmeting Saterdag in Nelspruit beloof om die hoogtepunt van die naweek te wees.

Die Suid-Afrikaanse A-flank, Chris Cloete, is terug by die Pumas ná sy uitblinkerspel vir die Ierse provinsie Munster, en die haker, Frankie Herne, wat verlede jaar die meeste drieë indie reeks (nege) gedruk het, is op die bank gekies.

Terloops, die Pumas se een stut, De-Jay Terblanche, hoop om van die bank af in sy 175ste wedstryd vir die bond te speel. Dis nog agt kort van Francois Rossouw se rekord van 183.

Op papier behoort die wedstryd Saterdag tussen die Sharks-vyftiental en Griekwas in Kimberley, en dié Sondag in Kwazakhele tussen die Westelike Provinsie (WP), die verdedigende kampioen, en die Oostelike Provinsie (OP) ook heelwat belangstelling te lok.

Hulle was darem verlede seisoen eerste (Griekwas en WP) en tweede (Sharks en OP) in onderskeidelik die Sentraal- en die Suiderafdeling. Of hulle dit vanjaar gestand sal doen, sal ’n mens moet sien.

Opvallende nuwelinge in die Griekwasgroep is Eric Zana op heelagter, voorheen die Grens se puntemasjien, en op die bank Tythan Adams, die voorste driedrukker in verlede jaar se reeks om die Goue Beker. As uitruilspeler by die Skotse klub Selkirk het hy steeds die drieë ingeryg.

Die Luiperds en die Griffons sorg gewoonlik vir fel mededingende rugby, en hulle sal die stryd hervat waar die Noord-Vrystaters die Noordwesters verlede jaar in die eindstryd van die Curriebeker- Eerste Liga geklop het. Sover dit die Supersportreeks aangaan, was hulle die agterosse in die Sentraalafdeling.

Die Luiperds se nuwe skrumskakel, Eugene Hare, is die seun van Eugene Hare sr., wat die bond se rekordhouer met 176 wedstryde is (129 as kaptein). Laasgenoemde is deesdae die uitvoerende hoof van die Blou Bulle-rugbyunie.

In Windhoek speel die Welwitschias Saterdag teen die Valke, en in Kwazakhele meet die Grens en die Boland kragte.

Tussen Boland se aanwinste tel Ryno Benjamin (buitesenter), wat Superrugby vir die Cheetahs gespeel het, en Tapiwa Tsomondo (flank), verlede jaar die WP se klubspeler van die jaar.

Die Bulle, die Grens en die Sharks-vyftiental nuwe afrigters in, onderskeidelik, David Manuel, Tiger Mangweni en Ricardo Loubscher.

Die naweek se bepalings –

Saterdag

15:00 Pumas teen Blou Bulle, Nelspruitrugbyklub.
15:00 Welwitschias teen Valke, Hage Geingob-stadion, Windhoek
15:00 Luiperds teen Griffons, Hoërskool Schweizer-Reneke.
15:00 Griekwas teen Sharks, Griekwaspark, Kimberley.

Sondag

13:00 Boland teen Grens, Wolfsonstadion, Kwazakhele (onseker).
15:00 OP teen WP, Wolfsonstadion, Kwazakhele.

Beskikbare spanne –

Blou Bulle

15 Earll Douwrie, 14 Jade Stighling, 13 Ulrich Beyers, 12 JT Jackson, 11 Andell Loubser, 10 Francois Brummer, 9 Embrose Papier, 8 Abongile Nonkontwana (kaptein), 7 Hendré Stassen, 6 Adré Smith, 5 Aston Fortuin, 4 Ruben van Heerden, 3 Conrad van Vuuren, 2 Edgar Marutlulle, 1. Matthys Basson. Bank: 16 Corniel Els, 17 Mox Mxoli, 18 Marius Verwey, 19 Tim Agaba, 20 Lian du Toit, 21 Christo Hamman, 22 Erich Cronjé.

Pumas

15 Gerrit Smit, 14 Selom Gavor, 13 Jerome Pretorius, 12 Hennie Skorbinski (kaptein), 11 Ruwellyn Isbel, 10 Kobus Marais, 9 Stefan Ungerer, 8 Willie Engelbrecht, 7 Nardus van der Walt, 6 Chris Cloete, 5 Hugo Kloppers, 4 Jannie Stander, 3 Pieter Scholtz, 2 Marko Janse van Rensburg, 1 Khwezi Mona. Bank: 16 Frankie Herne, 17 De-Jay Terblanche, 18 Cameron Lindsay, 19 Hilton Lobberts, 20 Francois Kleinhans, 21 Reynier van Rooyen, 22 Gerrie Labuschagne.

Griekwas

15 Eric Zana, 14 Ederies Arendse, 13 Kyle Steyn, 12 Christopher Bosch, 11 Enver Brandt, 10 André Swarts, 9 Louis Venter, 8 De Wet Kruger, 7 Sias Koen, 6 Wendal Wehr, 5 Pieter van Vuuren (kaptein), 4 Jono van Rensburg, 3 Nicolaas Oosthuizen, 2 AJ Le Roux, 1 Liam Hendricks. Bank: 16 Khwezi Mkhafu, 17 Ruan Kramer, 18 Wandile Putuma, 19 Conway Pretorius, 20 Damian Stevens, 21 Pieter-Steyn De Wet, 22 Tythan Adams.

Welwitschias

15 Chrysander Botha, 14 Gino Wilson, 13 JC Greyling, 12 Darryl de la Harpe, 11 Janray du Toit, 10 Helarius Kisting, 9 Eugene Jantjies, 8 Leneve Damens, 7 Max Katjijeko, 6 Rohan Kitshoff (kaptein), 5 Ruan Ludick, 4 Mahepisa Tjeriko,3 AJ de Klerk, 2 Obert Nortje, 1 Desiderius Sethie. Bank: 16 Gerhard Lötter, 17 Hans Breedt, 18 Herman Grobler, 19 Denzil van Wyk, 20 Adriaan Booysen, 21 PW Steenkamp, 22 Macho Prinsloo, 23 David Philander, 24 Roderique Victor.

Griffons

15 Tertius Maarman, 14 Warren Williams, 13, Duan Pretorius (kaptein), 12 Arthur Williams, 11 Rodney Damons,10 Jaun Kotzé, 9 Malcolm Kerr-Till,8 Cody Basson, 7 Jean Pretorius, 6 Henco Greyling, 5 Neil Claassen, 4 Gavin Annandale, 3 Danie van der Merwe, 2 Anrich Alberts, 1 Barend Potgieter. Bank: 16 JP Mans, 17 Rudi Brits, 18 JP Alberts, 19 Vince Maruping, 20 Thato Mavundla, 21 Shirwin Cupido, 22 Joubert Engelbrecht.

Luiperds

15 Tapiwe Mafura, 14 Justin Newman, 13 Bradley Moolman, 12 Akhona Nela, 11 Gene Willemse, 10 DP de Lange, 9 Eugene Hare, 8 Tiaan Bezuidenhout, 7 Boela Venter, 6 Juan Language (kaptein), 5 Jaco Swanepoel, 4 Sthimbiso Mhlongo, 3 Theo Ferreira, 2 Marius Stander, 1 Matimu Manganyi. Bank: 16 Dane van der Westhuizen, 17 Morné Strydom, 18 HP Swart, 19 Wandile Mazibuko, 20 Nkosana Mathaba, 21 Schalk Hugo, 22 Evardi Boshoff.

Boland

15 Jacquin Jansen, 14 Charles Mayeza, 13 Ryno Benjamin, 12 Edwin Sass, 11 Valentino Wellman, 10 Elgar Watts (onderkaptein), 9 Jovelian de Koker, 8 Zandré Jordaan (kaptein), 7 Ludio Williams, 6 Tapiwa Tsomondo, 5 Rinus Bothma, 4 Marlyn Williams, 3 Stefaan Grundlingh 2 Clemen Lewis, 1 Clinton Theron. Bank: 16 Francois Esterhuyzen, 17 Kyle Kruger, 18 McMillan Muller, 19 Kenan Cronjé, 20 Adriaan Carelse, 21 Gerrit van Wyk, 22 Sergio Torrens.

Westelike Provinsie

15 Tristan Leyds, 14 Grant Hermanus, 13 Michal Hazner, 12 Joshua Stander, 11 Duncan Saal, 10 Jean-Luc du Plessis, 9 Herschel Jantjies, 8 Luke Stringer (kaptein), 7 Johan du Toit, 6 Jaco Coetzee, 5 Gary Porter, 4 Ernst van Rhyn, 3 Frans Malherbe, 2 Dean Muir, 1 Ali Vermaak.
Bank: 16 Chad Solomon, 17 Kwenzo Blose, 18 Neethling Fouché, 19 Steph de Wit, 20 Nama Xaba, 21 Labib Kannemeyer, 22 Dan Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rollie ·

Dis eintlik net in Europa waar klub-rugby sterk ondersteun word. NS en Australie volg dieselfde tendens as hier in SA. Net te veel rugby, ek dink ‘n versadigingspunt is bereik. Persoonlik vind ek dit al moeiliker om selfs net een wedstryd volledig te kyk deesdae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.