Puik 85ste feesjaar vir Likkewane

likkewane gholfPretoria se Korrektiewe Dienste-klub het nie net groot feesplanne vir sy 85ste verjaardag nie, hy beleef ook `n puik jaar op die rugbyveld.

Aby Oosthuizen, die klub se voorsitter, sê die Likkewane beleef een van sy beste seisoene in `n lang tyd.

Hy het vier spanne in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga B ingeskryf, en die eerste span is tans tweede op die punteleer; die derde span loop voor in die Tweede Liga; en die derde span is vierde en die oumanspan sewende in die Derde Liga.

Oosthuizen sê die eerste span hoop op `n tuishalfeindstryd.

t Wat die feesvierings betref, is `n gholfdag op 25 Augustus op die Dienste-gholfbaan op Voortrekkerhoogte eerste op die program.

Oosthuizen sê daar is nog heelwat vierballe beskikbaar en versoek belangstellendes om so gou moontlik met hom in verbinding te tree.

Voorts beplan hulle `n sewestoernooi met sowat 22 spanne op 15 Oktober, en is `n 85ste ontbytreünie voorlopig vir 29 Oktober geskeduleer.

Navrae kan aan Oosthuizen by (012) 420 0153 of 082 464 4940 gerig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.