Puik terugvegpoging toe nie goed genoeg

ʼn Prysenswaardige terugvegpoging Sondag in die eindstryd van die reeks om die Supersportbeker was op die ou end nie goed genoeg om die wa deur die drif te sleep nie.

Die Westelike Provinsie het die reeks onoorwonne afgesluit deur Griekwas op Floridapark in Ravensmead, Kaapstad, met 28-19 te klop.

Die wenspan het teen rustyd reeds al sy punte aangeteken, en dit was die besoekers wat in die tweede helfte met mag en mening teruggeveg het.

Die WP se verdediging het egter gehou en die uitdager kon hom nie inhaal nie.

Eersgenoemde het vier drieë (twee deur die vleuel Marcello Sampson) gedruk, teenoor Griekwas se drie.

Griekwas se opdraflosskakel, George Whitehead, is in die 22ste minuut beseer en van die veld af, en is deur André Swarts vervang.

Die puntemakers –

WP 28 (28) – Drieë: Bjorn Basson, Marcello Sampson (2), Jurie van Vuuren. Doelskoppe: Kurt Coleman (4).

Griekwas 19 (0) – Drieë: Nicolaas Oosthuizen, Koch Marx, Tertius Kruger. Doelskoppe: André Swarts (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.