Pukke wag vir Ikeys in Varsity-finaal

Die NWU-Puk vier sy vertoning in die halfeindstryd. (Foto: Twitter/Varsitybeker)

Dit is amptelik.

Die NWU-Pukke sal volgende Maandag op sy tuisveld swaarde met Ikeys in die eindstryd van die Varsitybeker-reeks kruis.

Die Potchefstroomse studente het gisteraand vir Maties met 19 – 10 in een van die toernooi se halfeindstryde geklop.

Tino Swanepoel het onder sy span se groot helde getel en hy het twee keer die Kaapse verdedigers geflous. Terselfdertyd was Zinedine Robinson in die kol met twee doelskoppogings.

Dit is ʼn welverdiende beloning vir die Puk se harde werk in aanloop tot die uitspeelwedstryd – die span het immers die groepfase in die eerste plek afgesluit nadat hy ses van sy sewe wedstryde gewen het.

  • Puntemakers:

NWU-Puk: Drieë: Tino Swanepoel (2) en Jandré de Beer. Doelskoppe: Zinedine Robinson (2).

Maties: Drie: Aydon Topley. Doelskop: Jurie Mathee. Skepskop: Mathee.

Ikeys te sterk vir Shimlas in Bloemfontein

Ikeys het met een van sy beste vertonings van die seisoen vorendag gekom toe hy vir Shimlas met 65 – 30 in Bloemfontein geklop het.

Die rustydtelling was reeds 37 – 7 in die Kapenaars se guns en hulle het uiteindelik agt drieë in die wedstryd gedruk.

  • Puntemakers:

Ikeys: Drieë: Duran Koevort (2), Laro Delport, Reynhardt Crous, Ntokozo Makhaza, Keagan Blanckenberg, David Hayes en Lezane Davis. Doelskoppe: Makhaza (5). Strafskoppe: Makhaza (2)

Shimlas: Drieë: Litha Nkula, Chadd Adams, Javier Farmer en Asanda Kunene. Doelskoppe: Ethan Wentzel (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokkies ·

Shimlas het so ‘n goeie wedstryd laas week teen die Maties gehad, dat hulle gedink het dit gaan ‘n “walk in the park” wees teen Ikeys. Toe kom Ikeys en leer hulle ‘n rugby les op hulle eie veld. Sal altyd die Shimlas ondersteun, maar Ikeys het regtig goeie rugby gespeel, hulle verdien hulle plek in die finaal. Pukke lê naby my hart en hoop julle trek die een deur, maar Ikeys gaan nie maklik gestop word met sulke spel nie. Sien uit na ‘n goeie finaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.