Pumas, Cheetahs en Bulle aan die wenkant

Die Pumas het die WP in Kaapstad geklop. Foto: Twitter.

Die Cheetahs is steeds die enigste onoorwonne span in vanjaar se Curriebekerreeks, maar ná Woensdag se wedstryde blaas die Blou Bulle in die Bloemfonteiners se nekke.

Dan het die Pumas ook met die Westelike Provinsie in Kaapstad klaargespeel.

  • Willie Engelbrecht, die Pumas se kaptein en agtsteman, het ’n barshou in die Kaap gespeel om toe te sien dat sy span WP uiteindelik met 37 – 11 oorrompel het.

Die Laevelders het vyf drieë gedruk om sodoende ’n bonuspunt te verdien.

Puntemakers:

Pumas: Drieë: Sebastian de Klerk (2), Anele Lungisa, Willie Engelbrecht en Tapiwa Mafura. Doelskoppe: Eddie Fouché (3). Strafskoppe: Fouché (2).

WP: Drie: Angelo Davids. Strafskoppe: Kade Wolhuter (2).

  • Die Cheetahs het in ’n sopnat Durban die Haaie met 29 -15 geklop om die enigste onoorwonne span in die reeks te bly.

Ruan Pienaar en Frans Steyn het weer eens uitgeblink – Pienaar is as die speler van die wedstryd aangewys, terwyl Steyn met ’n paar goeie strafkoppe in die kol was.

Puntemakers:

Cheetahs: Andisa Ntsila, Louis van der Westhuizen en Gideon van der Merwe. Doelskop: Ruan Pienaar. Strafskoppe: Pienaar (2) en Frans Steyn (2).

Haaie: Drieë: Fez Mbatha en Dan Jooste. Doelskop: Joaquin Bonilla. Straskop: Bonilla.

  • Die Blou Bulle het hul vyfde wedstryd van die reeks gewen toe hulle vir die Leeus met 44 – 10 in Johannesburg ore aangesit het.

Morné Steyn duik oor vir ’n drie teen die Leeus in Johannesburg. Foto: GB Jordaan.

Die Pretorianers het veral in die tweede helfte vlamgevat met die ervare Morné Steyn wat ’n drie gedruk het en met drie stelskoppogings suksesvol was.

Daarteenoor kon die Leeus nog nie een wedstryd in vanjaar se reeks wen nie.

Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë: Strafdrie, James Verity-Amm, Morné Steyn, Muller Uys, Joe van Zyl en Cebo Dlamini. Doelskoppe: Juan Mostert en Steyn (3).

Leeus: Drie: Jurich Claasens. Doelskop: James Tedder. Strafskop: Tedder.

  • Punteleer:
  1. Cheetahs 26 punte
  2. Blou Bulle 25 punte
  3. Haaie 18 punte
  4. Griekwas 15 punte
  5. Pumas 10 punte
  6. WP 7 punte
  7. Lions 2 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anton ·

Ek is my hele lewe ‘n Blou Bul en het gisteraand met rus tyd gaan slaap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.