Pumas gooi hele agttal uit, hou agter net drie

Hennie Skorbinski – terug as kaptein. (Foto: Harold Cleland/Steval Pumas)

Die Pumas het die span wat met 19-34 teen die Westelike Provinsie verloor het, ingrypend verander vir Woensdag se belangrike wedstryd om die Curriebeker teen die Cheetahs in Nelspruit.

Brent Janse van Rensburg, die span se hoofafrigter, het die hele agttal uitgegooi, en in die agterlyn slegs Devon Williams (heelagter), Ruwellyn Isbell (linkervleuel) en Gerrit Smith (buitesenter) behou.

Hennie Skorbinski is terug op binnesenter en neem die kapteinskap na slegs een wedstryd by Brian Shabangu oor. Sias Ebersohn is weens ʼn hou teen die kop nie oorweeg nie.

Jerome Pretorius is die nuwe linkervleuel, en Justin van Staden en Stefan Ungerer vorm die nuwe skakelpaar.

Kwezi Mona, Marko Janse van Rensburg en Pieter Scholtz is die nuwe voorry; Jeremy Jordaan en Hugo Kloppers die nuwe slotpaar; en Francois Kleinhans, Thembelani Bholi en Lambert Groenewald die nuwe losvoorspelertrio.

Die banksenter Neil Maritz maak sy eerste verskyning in die 22-tal.

Die span –

15. Devon Williams, 14. Jerome Pretorius, 13. Gerrit Smith, 12. Hennie Skorbinski (kaptein), 11. Ruwellyn Isbell, 10. Justin van Staden, 9. Stefan Ungerer, 8. Lambert Groenewald, 7. Thembelani Bholi, 6. Francois Kleinhans, 5. Hugo Kloppers, 4. Jeremy Jordaan, 3. Pieter Scholtz, 2. Marko Janse van Rensburg, 1. Kwezi Mona. Bank: 16. Frank Herne, 17. De-Jay Terblanche, 18. Cameron Lindsay, 19. Chris Cloete, 20. Reynier van Rooyen, 21. Kobus Marais, 22. Neil Maritz.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.