Die Pumas het ʼn Springbokflank op die bank gekies vir Vrydag se Curriebekerwedstryd in Nelspruit teen die Westelike Provinsie.
Hilton Lobberts, wat ʼn dekade gelede twee keer van die bank af vir die Bokke gespeel het, sal in sy 150ste eersterangse wedstryd speel as hy benut word.
Terug in die opdrafspan is Gerrit Smith, in Jerome Pretorius se plek op buitesenter, en Stefan Ungerer in Reynier van Rooyen se plek op skrumskakel.
Pretorius skuif regtervleuel toe om vir Smith plek te maak, en JP Lewis bly in die slag. Van Rooyen kry plek op die bank.
Lambert Groenewald vervang die beseerde SA A-flank Chris Cloete (skouer).
In twee opdraf-bank-wisselings ruil die slotte Hugo Kloppers en Cameron Lindsay en die loskopstutte Khwezi Mona en De-Jay Terblanche plekke om.
ʼn Gewese Goue Leeu-vleuel, Selom Gavor, is op die bank en sal nes Lobberts sy buiging vir die Laevelders maak ingeval hy speelkans kry.
Die span –
15. Justin van Staden, 14. Jerome Pretorius, 13. Gerrit Smith, 12. Hennie Skorbinski (kaptein), 11. Ruwellyn Isbell, 10. Kobus Marais, 9. Stefan Ungerer, 8. Willie Engelbrecht, 7. Lambert Groenewald, 6. Thembelani Bholi, 5. Hugo Kloppers, 4. Stefan Willemse, 3. Pieter Scholtz, 2. Mark Pretorius, 1. Khwezi Mona. Bank: 16. Frank Herne, 17. De-Jay Terblanche, 18. Cameron Lindsay, 19. Brian Shabangu, 20. Hilton Lobberts, 21. Reynier van Rooyen, 22. Selom Gavor.