Die Steval Pumas en die OP Kings sal die tweede agtereenvolgende jaar swaarde kruis in die Absa Curriebeker Eersteliga-eindstryd nadat hulle hul onderskeie halfeindstryde die afgelope naweek gewen het.
Die Pumas sal die tuisveldvoordeel vir die eerste keer sedert 2009 geniet.
Die Pumas het Vrydagaand laat wakkergeskrik in hul wedstryd teen die SWD Arende in Nelspruit en uiteindelik met 52-33 gewen.
Die OP Kings moes vasbyt in‘n tweede helfte wat met 20 minute verleng is om uiteindelik op hul tuisveld in die Baai met 32-29 oor die Luiperds te seevier.
Die OP Kings tree hierdie naweek aan vir hul vierde agtereenvolgende eindstryd, terwyl die Pumas laas in 2009 om die louere meegeding het.
Steval Pumas 52 (20) SWD Arende 33 (16)
Puntemakers:
Steval Pumas 52 (20) – Driee: Christo le Roux, Coenie van Wyk, Corne Steenkamp, Renaldo Bothma, RW Kember, Stefan Watermeyer. Doelskoppe: Carl Bezuidenhout (5). Strafdoele: Bezuidenhout (4).
SWD Arende 33 (16) – Driee: Alshaun Bock, Anver Venter, Clinton Wagman. Doelskoppe: Justin van Staden (3). Strafdoele: Van Staden (4).
OP Kings 32 (9) Luiperds 29 (16)
Puntemakers:
OP Kings 32 (9) – Driee: Kayle van Zyl, Tim Agaba. Doelskoppe: Scott van Breda (2). Strafdoele: Van Breda (6).
Luiperds 29 (16) – Driee: Edmar Marais, Tiaan Dorfling. Doelskoppe: Adriaan Engelbrecht (2). Strafdoele: Engelbrecht (5).