Pumas-klubrugby sterker; nog planne kom

pumas-amateurs-logoMaatreëls wat die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) vanjaar ingestel het om klubrugby in sy gebied te verbeter, het deels geslaag en voortgesette vernuwing kan aanstaande seisoen verwag word.

Roelof Kotzé, die bestuurder van amateurrugby in Mpumalanga, het aan Pale Toe! gese die bond het goed met sy klubrugby gevorder en die herstrukturering het gewis tot beter en mededingender rugby gelei.

“Ons is nog besig om aan ons junior strukture te verander. Die proses is nog nie klaar nie.”

Hy glo Mpumalanga se klubrugby staan sterker as wat die geval in 2015 was. Die struktuur van die ligas het egter nie gehelp om die kloof tussen die topklubs en die res te oorbrug nie.

Kotzé sê reis en afstande bly `n groot uitdaging.

“Ons gaan die liga waarskynlik `n bietjie verander om hierdie twee probleemgebiede beter te probeer bestuur.

“Daar is veranderings voorgestel, en ons glo dit gaan die klubs help om hul spanne te verster, en om die druk van reis te verminder.”

t Pieter Burger, die hoof- uitvoerende bestuurder van die Pumas, het verlede jaar aan Pale Toe! gesê die bond se klubs en junior strukture moet konstant verbeter om `n groter bydrae op alle vlakke van rugby te lewer en die volhoubaarheid daarvan in die provinsie te verseker. Dit vorm deel van `n vyfjaarsakeplan wat sowel die maatskappy as die bond se groei en ontwikkeling omvat,” het hy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.