Pumas-ligas: verskeie sleutelstryde besleg

Mpumalanga se rugby is Saterdag bedrywig wanneer verskeie deurslaggewende botsings afgehandel word.

Sasol van Secunda en Middelburg het tot dusver die suksesvolste jaar agter die rug met twee spanne elk wat in die eerste uitspeelronde in aksie sal wees.

Sasol, die onoorwonne verdedigende kampioen, speel in die een halfeindstryd van die Premierliga teen Middelburg; en Witrivier (die 2015-kampioen en verlede jaar die bond se verteenwoordiger in die reeks om die Goue Beker) meet teen Nelspruit kragte.

In die Premierreserweliga kom dieselfde vier klubs se tweede spanne in die halfeindronde teen mekaar te staan.

Die Hoëveldse klubs het besluit die span wat boaan die punteleer eindig, wen die liga. Saterdag se laaste ronde sal dus die wenners bepaal.

In die Hoëveldse Burgemeestersliga speel Standerton teen Highveld (Witbank), Carolina teen Bethal, en Ermelo teen Matla.

In die Hoëveldse Burgemeestersreserweliga kom Standerton II teen Highveld II te staan, Carolina II teen Sasol III, Ermelo II teen eMba I (eMbalenhle), en Loskop II teen Middelburg III.

Die Laeveldse finaliste is reeds bepaal.

Pumbas (Hoedspruit) speel teen Barberton, wat vanjaar sy 120ste verjaardag vier, in die Burgemeestersliga; en in die Burgemeesterspresidentsliga pak Ngodwana I en Pumbas II mekaar.

Die eindstryde word aanstaande week afgehandel.

Opgesomde punteleer –

Premierliga

Sasol 39, Witrivier 25, Nelspruit 25, Middelburg 15, Witbank Ferro’s 7.

Premierreserweliga

Sasol 35, Nelspruit 21, Witrivier 21, Middelburg 18, Ferro’s 5.

Hoëveldse Burgemeestersliga

Ermelo 49, Loskop 41, Standerton 40, Highveld 29, Bethal 24, Carolina 16, Tigers 0. Matla -4.

Hoëveldse Burgemeestersreserweliga

Middelburg III 50, Sasol III 47, eMba I 36, Highveld II 35, Ermelo II 30, Standerton II 15, Loskop II 16, Carolina II 16.

Laeveldse Burgemeestersliga

Pumbas 38, Barberton 30, Malelane 29, Ratels 21, Rooikatte 21, Impala 16.

Laeveldse Burgemeestersreserweliga

Ngodwana I 35, Belfast I 32, Rooikatte II 25, Malelane II 24, Barberton II 15, Pumbas II 6.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.