Pumas torring nie aan wenspan nie

Die Pumas se De-Jay Terblanche dryf teen die Welwitschias, met Brian Shabangu reg om hom te ondersteun en die Namibier Rohan Kitshoff wat `n stokkie voor sy planne wil steek. (Foto: Johan Nothling/Steval Pumas)

Die Pumas se hoofafrigter, Brent Janse van Rensburg, het nie gaan torring aan sy opdrafspan wat die Welwitschias Sondag met 64-8 in die Supersportreeks gekasty het nie.

Die span vir Saterdag se wedstryd teen die Valke in die Barnardstadion op Kemptonpark toon slegs twee veranderings aan die bank.

Nardus van der Walt vervang Johan Grundlingh as veelsydige voorspeler en die nuwe aanwins Jerome (Trompie) Pretorius, ʼn driekwart, vervang Deon Helberg.

Die Pumas is tans derde op die punteleer en hoop op ʼn sege om hom dieper in te grawe.

Die span –

15. Devon Williams, 14. Ruwellyn Isbell, 13. Hennie Skorbinski (kaptein), 12. Ryan Nell, 11. Jean-Paul Lewis, 10. Kobus Marais, 9. Reynier van Rooyen, 8. Carel Greeff, 7. Willem Engelbrecht, 6. Brian Shabangu, 5. Hugo Kloppers (onderkaptein), 4. Stephan Greeff, 3. Marné Coetzee, 2. Frank Herne, 1. De-Jay Terblanche. Bank: 16. Marko Janse van Rensburg, 17. Kwezi Mona, 18. Jannie Stander, 19. Nardus van der Walt, 20. Emile Temperman, 21. Sias Ebersohn, 22. Jerome Pretorius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.