Pumas trek amper die Sharks se tande

Die Pumas se kaptein, Hennie Skorbinski, druk `n drie teen die Sharks. (Foto: André Meintjes/Steval Pumas)

Die Pumas se kaptein, Hennie Skorbinski, druk ʼn drie teen die Sharks. (Foto: André Meintjes/Steval Pumas)

Dit was so hittete of die Pumas het Vrydag in Nelspruit die Curriebeker-voorloper, die Sharks, se tande getrek.

Die KwaZulu-Natallers het op die ou end met 27-25 gewen, nadat hulle rustyd met 15-8 voor was.

Swak dissipline, insluitend twee geel kaarte, het die tuisspan se taak vergemaklik, en die plaasvervanger-losskakel, Rhyno Smith, het die Sharks se wendrie eers in die 75ste minuut gedruk.

Die Pumas het in die laaste rukkie alles in die stryd gewerp om die knoop deur te hak, maar die besoekers se verdediging het gehou.

♦ In Kimberley het die Griekwas te laat wakker geskrik, en is nou die agteros, met die Goue Leeus wat na die derde plek opgeskiet het.

Die besoekers was rustyd reeds met 24-0 voor, en het uiteindelik met 34-17 gewen.

Die slordige stryd het nie juis die Curriebeker eer aangedoen nie.

♦ Die Luiperds is terug aan die bopunt van die Curriebeker- Eerste Liga se punteleer nadat hulle die Oostelike Provinsie in Potchefstroom met 57-20 afgeransel het (rustyd 24-6).

Die tuisspan se loskopstut Joe Smith het drie van sy span se agt drieë gedruk.

Die puntemakers –

Pumas 25 (8) – Drieë: Ruwellin Isbell, Hennie Skorbinski, JP Lewis. Doelskoppe: Kobus Marais (2). Strafdoele: Kobus Marais (2).

Sharks 27 (15) – Drieë: Sbusisi Nkosi, Jeremy Ward, Wihan Vosloo, Rhyno Smith. Doelskoppe: Curwin Bosch, Garth April. Strafdoel: Curwin Bosch.

Griekwas 17 (0) – Drieë: Kyle Steyn, AJ Coertzen. Doelskoppe: George Whitehead (2). Strafdoel: George Whitehead.

Goue Leeus 34 (24) – Drieë: Cyle Brink, Kwagga Smith, Marco Jansen van Vuren, Rohan Janse van Rensburg. Doelskoppe: Jaco van der Walt (4), Strafdoele: Jaco van der Walt (2).

Luiperds 57 (24) – Drieë: Joe Smith (3), Danie van der Westhuyzen, Jeandré Rudolph (2), Eklen Schoeman, Francois Jacobs. Doelskoppe: Gerhard Nortier (3), Schalk Hugo (4). Strafdoel: Gerhard Nortier.

OP 20 (6) – Drieë: Cody Basson, Siyanda Grey. Doelskoppe: Michael Brink, Luv’s Claassen. Doelskoppe: Michael Brink, Luv’s Claassen. Strafdoele: Michael Brink (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.