Pumas-vaskopstut speel in 150ste wedstryd

De-Jay Terblanche - 150ste wedstryd. (Foto: André Meintjies/Steval Pumas)

De-Jay Terblanche – 150ste wedstryd. (Foto: André Meintjies/Steval Pumas)

Die Pumas se vaskopstut, De-Jay Terblanche, speel Vrydag in sy 150ste wedstryd in die bond se trui wanneer hy in in die Mbombelastadion, Nelspruit, in `n Curriebekerwedstryd teen die Sharks uitdraf.

Die 31-jarige Terblanche, wat op Knysna gebore is en daar gematrikuleer het, het sy buiging in die duifgrys trui reeds in 2008 gemaak.

Hy was `n lid van die Pumas-span wat die Westelike Provinsie verlede jaar geklop het om die Vodacombeker die eerste keer te wen, en het in die afgelope Europese seisoen vir die Franse klub Mont-de-Marsan in dié land se Pro D2-liga gespeel.

Sy eerste Curriebeker-wedstryd in 2008 was op Witbank van die bank af teen die destydse Magtige Olifante (Oostelike Provinsie), en hy het binne drie minute nadat hy op die veld verskyn het sy eerste Curriebeker-drie gedruk. Die Pumas het 32-30 gewen.

Terblanche, wat 14 eersterangse drieë agter sy naam het, het van 2004 tot 2006 o.20- en o.21-rugby vir die Boland gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.