Pumas verander net een vir Blou Bulle

Reynier van Rooyen – 75ste wedstryd wag. (Foto: Shaun Roy/Steval Pumas)

Die Pumas het net een verandering vir die Curriebekerwedstryd Vrydag in Nelspruit teen die Blou Bulle aangebring aan die opdrafspan wat Griekwas geklop het.

Die span se Suid-Afrikaanse A-flank, Chris Cloete, het griep en word deur Thembelani Bholi vervang.

As Cloete nie in staat is om sy plek op die bank in te neem nie, sal Brian Shabangu vir Bholi daar vervang.

In die enigste ander verandering aan die 22-tal vervang Kobus Marais vir Sias Ebersohn op die bank.

Die bankskrumskakel Reynier van Rooyen behoort in sy 75ste wedstryd vir die Pumas te speel.

Die span –

15. Gerrit Smith, 14. JP Lewis, 13. Jerome Pretorius, 12. Hennie Skorbinski (kaptein), 11. Ruwellyn Isbell, 10. Justin van Staden, 9. Stefan Ungerer, 8. Francois Kleinhans, 7. Lambert Groenewald, 6. Thembelani Bholi, 5. Hugo Kloppers (onderkaptein), 4. Stefan Willemse, 3. Pieter Scholtz, 2. Mark Pretorius 1. Kwezi Mona. Bank: 16. Frank Herne, 17. De-Jay Terblanche, 18. Cameron Lindsay, 19. Chris Cloete/Brian Shabangu, 20. Willie Engelbrecht, 21. Reynier van Rooyen, 22. Kobus Marais.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.