Pumas wen net-net

imagesCAFC6FBF

‘n Strafdoel in die laaste minuut deur JC Roos het die Steval Pumas ‘n oorwinning van 28-27 (rustyd 13-18) oor die SWD Arende besorg in ‘n Absa Curriebeker  Eersteligawedstryd in George. Hulle bly onoorwonne in die kompetisie.

Die Pumas het drie drieë teen die twee van die Arende gedruk en  Roos het 13 punte bygedra met drie strafdoele en twee doelskoppe. Sy opponent, Justin van Staden, het 17 punte met vier strafdoele, ‘n doelskop en ‘n skepdoel bygedra.

Hierdie oorwinning maak beteken die Pumas het nou al 12 hul wedstryde gewen en hulle is 14 punte voor die OP Kings met slegs twee rondes oor in die kompetisie. Die Arende  het een punt vedien en skuif net voor die Luiperds in op die puntelys.

PUNTEMAKERS

SWD Arende – Drieë: Gerhard Smith, Schalk Oelofse. Doelskop: Justin van Staden ; Strafdoele: Van Staden (4); Skepdoel: Van Staden.

Pumas – Drieë: Rosco Speckman (2), Coenie van Wyk. Doelskoppe: JC Roos (2); Strafdoele: Roos (3).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.