‘n Strafdoel in die laaste minuut deur JC Roos het die Steval Pumas ‘n oorwinning van 28-27 (rustyd 13-18) oor die SWD Arende besorg in ‘n Absa Curriebeker Eersteligawedstryd in George. Hulle bly onoorwonne in die kompetisie.
Die Pumas het drie drieë teen die twee van die Arende gedruk en Roos het 13 punte bygedra met drie strafdoele en twee doelskoppe. Sy opponent, Justin van Staden, het 17 punte met vier strafdoele, ‘n doelskop en ‘n skepdoel bygedra.
Hierdie oorwinning maak beteken die Pumas het nou al 12 hul wedstryde gewen en hulle is 14 punte voor die OP Kings met slegs twee rondes oor in die kompetisie. Die Arende het een punt vedien en skuif net voor die Luiperds in op die puntelys.
PUNTEMAKERS
SWD Arende – Drieë: Gerhard Smith, Schalk Oelofse. Doelskop: Justin van Staden ; Strafdoele: Van Staden (4); Skepdoel: Van Staden.
Pumas – Drieë: Rosco Speckman (2), Coenie van Wyk. Doelskoppe: JC Roos (2); Strafdoele: Roos (3).