Pumasliga: Hazyview loop Barberton kaf

hazyviewHazyview het Barberton Saterdag kafgeloop in die Mpumalanga-rugbyunie se Ehlanzeni-burgemeestersreserweliga.

Die wenspan het die bal lekker rondgegooi en die agterlyn het vyf van sy ses drieë gedruk.

Corrie Taljaard, Hazyview se voorsitter, laat weet die wenspan was rustyd 27-0 voor en het uiteindelik 40-0 gewen.

Die losskakel, Corrie Taljaard, het 15 punte met `n drie en vyf doelskoppe behaal.

Pieter Burger (regtervleuel) het twee drieë gedruk, en Karabo Manyaka (heelagter), Jan Jacobs (regtervleuel), Marius Olivier (buitesenter) en Joshua Meaker (haker) die res.

Barberton het darem heelwat beter gevaar as in die vorige kragmeting toe Hazyview 99-5 gewen het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.