Pumasliga: Hazyview verrineweer Barberton

hazyviewHazyview het Barberton Saterdag 99-5 in die Elhanzeni-burgemeestersreserweliga in Mpumalanga geklop nadat hy rustyd reeds 45-0 voor was.

Corrie Taljaard, die voorsitter van Hazyview, berig die senters Pieter Burger en Marnus Olivier het elkeen drie drieë gedruk en Karabo Manyaka (heelagter) en Arron van Rhyn (skrumskakel) twee elk. Die res van die span se 15 drieë is deur Weber Levendal, Duval Malherbe (flanke), Wayne Colyn, Richard Newland (slotte) en Joshua Meaker (plaasvervanger) gedruk.

Die losskakel, Pieter Taljaard, het 12 daarvan verdoel vir `n persoonlike totaal van 24 punte.

♦ Die Pumbas van Acornhoek het Hazyview die vorige Saterdag 18-7 geklop. Die wenspan was rustyd 8-0 voor.

Corrie Taljaard sê Olivier het Hazyview se drie gedruk en die losskakel, Taljaard, het dit verdoel.

Vrystaat

♦ Albert Monaisa, van Mangaung, laat weet sy spanne het Saterdag hul wedstryde teen spanne van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in die Mangaung-metroliga verloor.

Die SUT Shawas het Mangaung II 64-7 geklop en die SUT Tjisas het 33-17 teen Mangaung III gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.