Pumasliga: Hazyview-vleuel druk vier keer

hazyview`n Vleuel van Hazyview het Saterdag vier drieë vir sy span teen Nelspruit in Ehlanzeni se burgemeestersreserweliga gedruk.

Corrie Taljaard, Hazyview se voorsitter, berig dat die linkervleuel, Pieter Burger, die vierkuns in die klub se sege van 55-12 (rustyd 24-0) op Nelspruit behaal het.

Karabo Manyaka (heelagter), Jan Jacobs (regtervleuel), Arron van Rhyn (buitesenter), Weber Levendal (flank) en Stefan Veldsman (plaasvevanger) het die res van die span se nege drieë gedruk.

Pieter Taljaard (losskakel) het vier daarvan verdoel.

Nelspruit III speel in dié liga, met die klub se eerste span wat in die Pumas se Premierliga en die tweede in die Burgemeestersliga speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.