Pumasliga: Hurricanes, Hazyview wen oortuigend

hazyviewHurricanes van Middelburg en Hazyview het Saterdag hul onderskeie wedstryde in die Pumasligas oortuigend gewen.

In Nkangala se Burgemeestersliga het die Middelburgers Matla  31-5 geklop nadat hulle rustyd reeds 19-0 voor was; en in Ehlanzeni se Burgemeestersreserweliga het Hazyview vir Barberton III 35-5 geklop nadat hy rustyd 14-0 voor was.

Henk Prinsloo, die afrigter van Performance-rugbyakademie, wat as die
Hurricanes aan die liga deelneem, sê die losskakel, Shaldon Daniels, het die wedstryd baie goed gelees en gedikteer.

“Dit was egter harde voorspelerspel en briljante skrumwerk wat die agterlyn `n goeie voorvoet gegee om van af te speel.”

Daniels, wat `n drie gedruk en drie doelskoppe in punte omskep het (11 punte), was die agterspeler van die wedstryd, en Mynhardt Zwart die voorspeler van die wedstryd.

Johan van der Westhuizen, Dillon Jansen van Vuuren, Julius Snyman en Zwart het vir die res van die drieë gesorg.

Corrie Taljaard, die voorsitter van Hazyview, berig Marno Venter (binnesenter), Jan Jacobs (linkervleuel) Hansie Grobler (skrumskakel), Joshua Meaker (agsteman) en Wayne Colyn (slot) het Hazyview se drieë gedruk. Pieter Taljaard (losskakel) het al vyf verdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.