Pumasliga: Komati wen ‘een van beste stryde’

komatipoortKomatipoort het een van die beste wedstryde tot dusver vanjaar in die Pumas se Burgemeestersliga (Gert Sibande) gewen toe hy Witrivier II Saterdag geklop het.

Só laat weet Corné Dippenaar, `n woordvoerder van Komatipoort, oor die wedstryd wat die Impalas 29-7 gewen het.

“Die Impalas het goed voorberei en dit het duidelik geblyk uit hul positiewe houding op die veld.

“Die wedstryd was baie hard voorlangs, en daar was `n taai stryd tussen die die twee stelle voorspelers. Die Impalas se agttal het egter goeie balle aan sy agterspelers besorg, waarmee hulle met pragtige hardlooprugby en skitterende balhantering die skare op hulle voete gehad het.”

Dippenaar sê `n paar aanslane het Komati weliswaar `n drie of wat gekos, maar die span het steeds vyf pragdrieë gedruk. Twee daarvan is verdoel.

“Die agterlyn het baie goed vertoon en veral die binnesenter en kaptein, Frikkie Odendaal, wat van voor af gelei het, het baie goed met die buitesenter, Ruan Minnaar, gekombineer.

“Die Impalas se rotsvaste verdeding het talle aanslae van Witrivier afgeweer, en hul doellyn is slegs een keer oorgesteek.”

Danie Pretorius en Pieter Engels was die beste voorspelers, en Odendaal die beste agterlangs.

malelane♦ Shayne Addock, Malelane se ondervoorsitter, laat weet Malelane het Nelspruit II 17-14 in die Burgemeestersliga (Elhanzeni) geklop.

Eddy Mabunda, Belafonte Masinga en Mandla Shongwe het die wenspan se drieë gedruk.

Hernus van der Nist was die beste voorspeler en Masinga die beste agterspeler.

Malelane se ontwikkelingspan het die Laeveld-Leeulopers in `n vriendskaplike wedstryd 26-7 geklop.

Die klub se volgende wedstryd is op 7 Mei op Witrivier teen Witrivier II.

♦ Corrie Taljaard, die voorsitter van Hazyview, laat weet Hazyview het 21-10 teen Belfast in die Burgemeestersreserweliga (Elhanzeni) gewen, nadat hy rustyd 10-5 voor was.

Arron van Rhyn (skrumskakel) en Lucky Nkomo (plaasvervanger-linkervleuel) het die wenspan se drieë gedruk. Pieter Taljaard (losskakel) het `n doelskop en drie strafdoele (nege punte) behaal.

ratels♦ Quartus du Toit, die spanbestuurder van Ohrigstad se Ratels, laat weet hulle het Barbeton II 31-0 in die Burgemeestersreserweliga (Elhanzeni) geklop.

“Die rustydtelling was 17-0 en die Ratels het vier drieë gedruk om `n bonuspunt te verdien.

“Jan Oosthuizen en Willem le Grange het elk twee drieë gedruk, en Martin van den Berg het al vier verdoel. Juan van Zyl het `n strafdoel van 55 m oorgesit.”

Du Toit sê die Ratels het mooi saam gespeel en bly op die wenpad.

Van den Berg was die agterspeler van die wedstyd, en Edward Latsky die beste voorspeler.

Die Ratels speel nou eers weer op 7 Mei op Ohrigstad teen die Koedoes (Nelspruit III).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.