Standerton, die Pumas se Hoëveldse kampioen, het Saterdag die kroon op `n uiters suksesvolle seisoen gespan toe hy die bond se Burgemeestersbeker gebuit het.
Hy het Barberton, die Laeveldse kampioen, 70-19 (rustyd 41-0) geklop nadat dié teleurstellende swak teenstand gebied het.
Standerton DeKalb het vroeër ook die Gert Sibande-burgemeestersbeker gewen.
Ben Vorster, Standerton se voorsitter, laat weet Willem Martin was die wenspan de beste voorspeler en Benna Groenewald die beste agterspeler.
Leon Crawford se verdediging het ook beïndruk.