Pumassenters terug vir SWD ná beserings

Reynier van Rooyen (Foto: Riaan Swanepoel/Steval Pumas)

Reynier van Rooyen (Foto: Riaan Swanepoel/Steval Pumas)

Albei Pumassenters vir die wedstryd Vrydag teen die SWD Arende keer na die span terug nadat hulle van beserings herstel het.

Hoffman Maritz het van `n ligte dyspierbesering herstel, en Wilmaure Louw van `n ernstiger enkelbesering.

Eersgenoemde vervang Tyler Fisher, wat vleuel toe skuif in die plek van Ruwellyn Isbell, wat na verwagting agt tot 12 weke met `n gebreekte duim buite aksie sal wees. Louw neem Hennie Skorbinski se plek in, wat met ontsteking in `n sny aan sy hand sukkel.

Die skrumskakel Reynier van Rooyen is ook terug in die opdrafspan en Emile Temperman begin op die bank.

Die agttal bly onveranderd, en op die bank word Dylan Peterson nader getrek in die plek van Reuben Johannes wat `n skouer teen die Valke beseer het.

Die wedstryd is Vrydag 16:00 by die Nelson Mandela- Metrolpolitaanse Universiteit (NMMU) se Saasveldkampus by George.

Die span –

15. Heinrich Steyl, 14. Tyler Fisher, 13. Hoffmann Maritz, 12. Wilmaure Louw, 11. Marcello Sampson, 10. Justin van Staden, 9. Reynier van Rooyen, 8. Carel Greef, 7. Lambert Groenewald, 6. Marnus Schoeman, 5. Hugo Kloppers (kaptein), 4. Stephan Greeff, 3. Marné Coetzee, 2. Frank Herne, 1. Khwezi Mona. Bank: 16. Francois du Toit, 17. Simon Westraad, 18. Jannie Stander, 19. Dylan Peterson, 20. Emile Temperman, 21. Leighton van Wyk, 22. Bernado Botha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.