Quade Cooper se burgerskap-aansoek afgekeur

Quade Cooper in aksie vir Australië. Foto: William West/AFP.

Die Wallabies-rugbyster Quade Cooper sê dat sy aansoek om Australiese burgerskap van die hand gewys is.

Die 33-jarige losskakel is in Nieu-Seeland gebore, maar hy woon al die afgelope 20 jaar in Australië en het die Aussies met welslae op die internasionale rugbyverhoog verteenwoordig.

Dit is juis omdat sy woonadres in Australië is dat hy vir die Wallabies verkiesbaar is. Hy het egter dwarsdeur sy rugbyloopbaan met sy Nieu-Seelandse paspoort na Wêreldbeker-rugbytoernooie en Superrugby-verpligtinge vir die Queensland Reds gereis.

Tog het sy onvermoë om ’n Australiese paspoort te voorskyn te bring sy kanse belemmer om die land se sewesspan by die 2016- Olimpiese Spele in Rio de Janeiro te verteenwoordig.

’n Ontstoke Cooper het gister sy misnoeë op sosiale media uitgespreek nadat sy aansoek om burgerskap afgekeur is.

“Dit lyk asof dit deesdae nie genoeg is om die Wallabies 70 keer op die rugbyveld te verteenwoordig nie,” het hy geskryf.

Volgens die Australiese departement van binnelandse sake het Cooper nie aan sekere vereistes voldoen om sy burgerskap te regverdig nie.

Die departement voer aan dat hy nie bewyse kon lewer dat hy ’n persoon is wat aktiwiteite beoefen wat tot voordeel van Australië is nie, terwyl hy ook nie iemand is wie se werk vereis dat hy gereeld buite die land se grense moet reis nie.

Benewens sy trotse toetsrekord het Cooper die Reds in 118 wedstryde verteenwoordig, terwyl hy ook vir die Melbourne Rebels gespeel het.

Aussie-sportsterre soos Drew Mitchell (rugby) en John Millman het die hele storie as “malligheid” en ’n “klug” bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Riaan ·

Jy kan enige tyd Suid Afrika toe kom as jy wil. Hier hoef jy net deur die grensdraad te klim

VaalDonkie ·

Ek wonder wie hy kwaadgemaak het. sjoe. Ten minste voel ek nou beter oor hulle my aansoek ook afgekeur het. Ek meen, as nie eens Quade Cooper kan inkom nie, dan is ek seker nie in slegte geselskap nie.

piet ·

Dan kla van ons oor owerhede nie “common sense” gebruik nie. Hoe belaglik. Herinner my aan ‘n video wat ek van Dolly Parton gesien het. Sy was op ‘n konserttoer en kom by Heathrow-lughawe aan. Duisende aanhangers by die lughawe om haar te verwelkom. Sy kom by die paspoortbeampte aan wie haar wie haar vra vir haar paspoort. Hy kyk daarna en vra steeds wie sy is en wat sy in Engeland doen. Sy se toe – “Hi, I’m Dolly, I’m a performer. I sing. Ha, ha.

Martie Smartie ·

Daar was seker iets (groots) wat sy aandag afgetrek het …

VaalDonkie ·

Volgens die Australiese wetgewing moet hy OF ‘n olimpiese sport beoefen het, OF tennis, OF krieket. Nee, ek dink nie dis regverdig nie, maar hulle reels is baie duidelik. Sy enigste kans sou wees as hy vir die All Blacks sewes span Rugby gespeel het in Tokyo en DAN vir Australiese burgerskap aansoek gedoen het.

Weereens, ek dink nie dis regverdig nie, maar dis hoe die reel is.

piet ·

Watse belaglikheid om tussen sportsoorte onderskeid te dryf.

B-Man ·

Julle almal het seker vergeet van die skootrekenaar wat hy by ‘n winkel wou uitdra sonder om te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.