Quins-oumandag ‘oorweldig’ met deelname

sangoraDis “absoluut oorweldigend” om te sien hoeveel oumanspanne vir Saterdag se toernooi by Harlequins ingeskryf het.

Só skryf die voorsitter van die SA Nasionale Goue Oue-rugbyvereniging (Sangora), Peter Kluge, aan die klub met verwysing na die 20 spanne op die program.

Die nasionale oumantoernooi vind later vanjaar in Welkom plaas.

Daar is ook `n internasionale o.18-wedstryd tussen Harlequins en die Britse Bloxham College ingesluit.

Die rugby begin 10:30 op Quins se veld in Groenkloof en die laaste wedstryd skop 15:20 af.

Die program –

Harlequin A-veld

10:30 Tendella teen TWR

11:20 Pirates teen Quins II

12:10 Quins Madalas teen Barzani Klerksdorp

13:00 Quins 0.18 teen Bloxham College o.18

14:30 Naka Bulle teen Alberton

15:20 Naka Bulle Oumanne teen Middelburg Ougatte

Harlequin B-veld

11:00 Black Jacks teen Diggers

12:00 Bobbies teen Centurion Elders

13:00 Western Lions teen Losberg Barbarians

14:00 Hill Billies teen Welkom

15:00 Boksburg Thunder Boys teen Vaal Mustangs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.