Quins speel 10-man; Likkewane bied gholfdag aan

Met die klubrugbyseisoen vir die meeste klubs agter die rug word daar nou kwaai planne gemaak om geld vir die komende seisoen in te samel.

Die Harlequin-klub in Groenkloof, Pretoria, is op 25 en 26 Augustus die tuiste van die tweede Tshwane-tienmanrugbytoernooi.

Die organiseerders verwag selfs groter sukses as verlede jaar toe 40 raakrugby- en rugbyspanne in aksie was.

Benewens die premierafdeling word daar ook vir ouman- en sosiale spanne voorsiening gemaak.

Groepe vir tienmanrugby bestaan uit 20 spelers met tien op ʼn keer die veld, en vir raakrugby tien met ses op die veld.

Belangstellendes kan meer inligting by http://tshwane10s.com/contact-us/ kry.

♦ Die Korrektiewe Dienste-rugbyklub (KD) in Pretoria, beter bekend as die Likkewane, bied sy jaarlikse gholfdag op Donderdag 24 Augustus by die Dienstegholfklub op Thaba Tshwane (die ou Voortrekkerhoogte) aan.

Dit word op ʼn beterbal-grondslag beslis. Die afslaan begin 11:00 en die prysuitdeling sal teen 18:00 se kant aan die beurt kom.

Besonderhede kan van die voorsitter, Aby Oosthuizen, by 082 464 4940 of [email protected] verkry word, of van Conrad Pretorius by 078 632 6963 of [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.