Raaisel: Is Jantjies die antwoord of die vraag?

Elton Jantjies – heelwat dinkwerk oor hom vir Rassie Erasmus (Foto: GB Jordaan)

Dit bly ʼn raaisel wat nog nie opgelos is nie.

En dit is hoe jy ʼn speler, wat reeds 107 Superwedstryde vir die Lions en Stormers gespeel het en wat weekliks die beste peil van alle plaaslike losskakels handhaaf, uit die Springbokspan kan hou?

Hoe kan jy ʼn speler, wat sy span tot twee Supereindstryde aangevuur het, langs die kantlyn hou? Hoe kan jy nog nie weet watter waarde ʼn speler, wat in agt Superseisoene vir 7 033 minute (6 274 vir die Lions en 759 vir die Stormers) op die veld was, kan toevoeg nie?

Hoe kan jy ʼn speler, wat reeds 23 toetse vir Suid-Afrika gespeel het en 203 punte aangeteken het, nie insluit nie?

Dis van die vrae waarmee die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, worstel: of hy die 27-jarige Elton Jantjies in sy Bokgroep vir die toetse teen Wallis en Engeland wil hê.

Die meeste van ons stem saam dat Handré Pollard die Bokke se nr.10-trui oor sy kop moet trek, maar is dit reg dat Robert du Preez, Damian Willemse, Pat Lambie of selfs Johan Goosen bo Jantjies oorweeg moet word?

Ja, word daar gesê, benewens Johan Ackermann (en ook Swys de Bruin), sukkel afrigters om die beste in Jantjies na vore te bring. Hulle sê Super- of provinsiale rugby is sy plafon. Hulle sê hy kan nie verdedig nie (kon Naas Botha of Andrew Mehrtens behoorlik têkkel?) en hulle sê sy hy volg net sy eie kop.

Maar hoe is dit moontlik dat die heelagter Andries Coetzee byna altyd saam met Jantjies gedy? Of dat die Lions se vleuels, Aphiwe Dyantyi en Madosh Tambwe (albei vyf drieë) van die voorste driedrukkers in die reeks is? Hoe het Ruan Combrinck Springbok geword. Het Jantjies nie geleenthede vir hom geskep het nie?

En, hoe is dit moontlik dat die senters, Lionel Mapoe en Rohan Janse van Rensburg, hul Springbokkleure langs Jantjies verdien het? Of dat ʼn derde Lions-senter, Harold Vorster, in een van Erasmus se twee Bokspanne (teen Wallis en Engeland) kan wees?

Waar lê die probleem?

Was dit nie dalk by Jantjies se vorige Springbokafrigters nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Henk ·

Eerstens wys statistiek dat du Preez tans die beter losskakel is. Die beste aanval, meters gewen, teenstanders geklop en die beste persentasie pale toe. Ook die beste verdedeger tussen al die losskakels, selfs beter as Pollard. Wat regverdig Pollard se insluiting? Is die beste losskakels nie dalk huidiglik du Preez en Willemse nie? Veral as ons dan redeneer vir die toekoms. Hoeveel speeltyd het Pollard en wat is sy huidige prestasies? Hoeveel keer het hy nie al saam getoer net om in die eerste helfte uit te val nie? Al ooit opgemerk hoeveel keer Jantjies NIE op losskakel is as die balle uitgaan na die senters en vleuels toe nie? En hoeveel keer spelers soos van Rensburg en Combrinck uit uiterse swak bal vanaf Jantjies telkemale die oomblik gered het? En derhalwe so hul eie prestasies en geleenthede geskep het? Behalwe kwantiteit statistiek sover dit wedstryde en speeltyd betref, is ekvan mening dat daar een onbeantwoorde vraag is – WAT regverdig Jantjies se insluiting?

Wesley ·

Goed begin met jou mening Henk, tot jy Willemse se naam noem in jou top 2. Jantjies hom geskool die naweek, waar sy pak veel beter as Jantjies sin gevaar het en kontakpunte nogsteed gedomineer het. Willemse het dit, hys magic, maar nog rou. du Preez lei die statistieke maar nog nie as klinkende losskakel sy span in die wen kollom laat skitter nie. Dieselfde met Pollard. Ons sal dalk beter kan sien na Leeus op toer gaan, maar sover dit nou loop is Jantjies in die groentrui.

riaan ·

my vraag hoekm moet elton alleen uitgesonder wrd rugby is n span sport, as jy nou kyk is dit mense se idees net.Ek se weer as rassie hom nie kies nie ondersteun nooiit die bokke dan weet hkm meeste mense die all blacks ondersteun.

Aitog ·

Hou in gedagte dat die enigste ander keer wat Jantjies useless was, was toe Alastair Coetzee (en Erasmus as direkteur van afrigting) sy afrigter by die Stormers was…..

Anoniem ·

Kan Jantjies ook agter ‘n verloor pak voorspelers uitblink??????

Wesley ·

Die regte vrae word hier gevra. Die uitmintende spel wat hy handhaaf deur 80 tot 90 persent van sy spel kan tog waarlik nie bevraagteken word nie. Speel een wedstyd sleg (ons almal het ons dae) dan word daar vir sy kop geeis, maar speel Pollard, du Preez of Willemse sleg, dan word dit as niks eensy toe geskyf deur die rugby skrywers en publiek. Dalk meer te doene met sy voorkoms (haarstyl, tattoos), sy voorgegewe “houding” (ek het nog nooit grootpraat of slegte maniere gesien van hom nie, altyd sag geaard en met respek voorgekom in onderhoude) of net die span waarvoor hy speel (baie mense is maar net suurknolle oor die Leeus se sukses). Die negatiewe houding teenoor hom was nog altyd my verstand te bowe. Almal wil daai klassieke losskakel he soos Honiball Carter, maar die man is in mold van Spencer, Cruden en ons moet dit lof dat ons so fonds het in SA rugby, pleks van dit afbreek.

bloues ·

Henk. Statistiek wys dat die meeste 4×4 voertuie in Gauteng verkoop word. So volgens statistiek behoort Gauteng se paaie dus die slegste in die land te wees.

Statistiek sê niks, hoe mense dit intreperteer is waar die sin daarin lê.
Groete

Josua Keys ·

Baie goeie punt, dit is ook waarom die bokke elke keer slae gekry het, statistiek en hoe groot die ou se naam is ongeag sy spel pyl, ek wens net afrigters wil begin leer om talent raak te sien en nie een of twee goeie wedstryde nie en hier verbrand hulle gereeld hulle vingers, om n voorbeeld te gebruik, Madosh by die Leeus een goeie wedstryd nou will almal hom in groen en goud sien nope nie so maklik nie hy kort nog baie ondervinding en ek is n leeu ondersteuner en hou baie van die twee nuwe linker vleuels by die Leeus. Ek hoop Rassie kyk na vorm, vermoë en”skiels” en nie na wat die statistieke sê of bonde se direkteure verlang nie en of die speler goed lyk op papier nie want dit het ons die laaste twee wereld bekers gekos en n hele paar toetse daarby ook.

Duiwelsadvokaat ·

Jys reg Bloues….”You get lies, damned lies, and statistics”.

Nakkie die Nar ·

Ai tog, as daar maar net ‘n Barrett-opsie sou dit nie probleem wees.
Losskakel gaan alles oor INSTINK en VOORGEVOEL, nie knop-tiep-van-spier nie.
Snaaks, geen statistiek word oor mates en groottes gemeld nie want dan was sy edele mnr Barrett nie eens op n rugbyveld nie??????!
Shock hulle die AB’s, SHOCK hulle, julle is die maatstaf, die res kef agterna???!

bantam ·

Julle kan maar redeneer soos julle wil , Pollard het n kontrak dus moet hy gekies word en hy weet dit . Hy is lankal nie meer die “wondekind”van rugby nie.

Judge Dredd ·

Jantjies is te wisselvallig. Du Preez is meer bestendig en presteer beter onder druk – iets wat hy definitief gaan ervaar teen die All Blacks.

Pieter ·

Du Preez is die man om ten volle te ontwikkel. Hy het alles wat nodig is om te ontwikkel in ‘n briljante speler.

Boerseun ·

Maklik. Op international flak is sy tyd minder dan sukkel hy. Hy is al n paar keer probeer en het elke keer gesukkel, selfs teen swakker spanne. Dan het hy een goeie wedstryd teen n stormers span met sekerlik die stadigste lostrio in die kompetisie dan is hy nou weer die carter van SA. Die vorige weke moes ons lees hoe Willemse die nuwe messia is en toe?

corne ·

klip in die bos.Hoekom koes ons nie die hele springbok span so deur te stem nie eerlik Jantjies sprinbok trui skrik hy homself in n baie onvoorspelbaare speler wat gladnie groot druk kan hanteer nie

Josua Keys ·

Jammer om jou babble te bars maar as die regte valnke gekies word sal Jantjies beter lyk maar daar word elke keer vlanke gekies wat nie saam hom kan speel nie so hou dit ook in gedagte. waarom het Naas en die ander goed gelyk , wie het saam hulle gespeel??

LHS ·

Antwoord op probleem, Ackermann en de Bruin as afrigters en met enkele uitsonderings die hele Leeu span in die Springbokspan.

Callie ·

Springbokrugby is in chaos. Dink net hoe groot die chaos sal wees as bogenoemde mense wat kommentaar lewer die span moet kies. Provinsialisme sal daar altyd wees maar magtig, die wat Jantjies of Willemse nou wil kies. Weet nie waar kyk julle rugby nie maar dis duidelik ander games as wat op tv is

JOHAN ·

JANTJIE SPEEL OP EN AF TE WISSELVALLIG EN IS NIE GOED AS N BOK NIE HY IS TE BANG AS HY GROEN EN GOUD OOR SY KOP TREK.ALOWEL HY GOEIE SPELER IS. EK DINK DU PREEZ IS N BETER SPELER EN KAN BETER LYN EN PALE TOE SKOP. MAAR JUL MOET NIE VIR JOHAN GOOSEN WEGOOI NIE MENSE. HY IS NET TOP, JA EK WEET JY JAAG GOED AAN MET SY CLUBS MAAR HY BLY N GOEIE SPELER.. EEN VAN DIE BESTE!!!!!
DIE STOMERS SE NR10 MOET VIR DIE JUNIOR BOKS SPEEL EN EERS DAAR WYS WAT HY HET. SO EK SE DU PREEZ OF GOOSEN.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.