Raaisel: Is Jantjies die antwoord of die vraag?

Elton Jantjies – heelwat dinkwerk oor hom vir Rassie Erasmus (Foto: GB Jordaan)

Dit bly ʼn raaisel wat nog nie opgelos is nie.

En dit is hoe jy ʼn speler, wat reeds 107 Superwedstryde vir die Lions en Stormers gespeel het en wat weekliks die beste peil van alle plaaslike losskakels handhaaf, uit die Springbokspan kan hou?

Hoe kan jy ʼn speler, wat sy span tot twee Supereindstryde aangevuur het, langs die kantlyn hou? Hoe kan jy nog nie weet watter waarde ʼn speler, wat in agt Superseisoene vir 7 033 minute (6 274 vir die Lions en 759 vir die Stormers) op die veld was, kan toevoeg nie?

Hoe kan jy ʼn speler, wat reeds 23 toetse vir Suid-Afrika gespeel het en 203 punte aangeteken het, nie insluit nie?

Dis van die vrae waarmee die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, worstel: of hy die 27-jarige Elton Jantjies in sy Bokgroep vir die toetse teen Wallis en Engeland wil hê.

Die meeste van ons stem saam dat Handré Pollard die Bokke se nr.10-trui oor sy kop moet trek, maar is dit reg dat Robert du Preez, Damian Willemse, Pat Lambie of selfs Johan Goosen bo Jantjies oorweeg moet word?

Ja, word daar gesê, benewens Johan Ackermann (en ook Swys de Bruin), sukkel afrigters om die beste in Jantjies na vore te bring. Hulle sê Super- of provinsiale rugby is sy plafon. Hulle sê hy kan nie verdedig nie (kon Naas Botha of Andrew Mehrtens behoorlik têkkel?) en hulle sê sy hy volg net sy eie kop.

Maar hoe is dit moontlik dat die heelagter Andries Coetzee byna altyd saam met Jantjies gedy? Of dat die Lions se vleuels, Aphiwe Dyantyi en Madosh Tambwe (albei vyf drieë) van die voorste driedrukkers in die reeks is? Hoe het Ruan Combrinck Springbok geword. Het Jantjies nie geleenthede vir hom geskep het nie?

En, hoe is dit moontlik dat die senters, Lionel Mapoe en Rohan Janse van Rensburg, hul Springbokkleure langs Jantjies verdien het? Of dat ʼn derde Lions-senter, Harold Vorster, in een van Erasmus se twee Bokspanne (teen Wallis en Engeland) kan wees?

Waar lê die probleem?

Was dit nie dalk by Jantjies se vorige Springbokafrigters nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Henk

Eerstens wys statistiek dat du Preez tans die beter losskakel is. Die beste aanval, meters gewen, teenstanders geklop en die beste persentasie pale toe. Ook die beste verdedeger tussen al die losskakels, selfs beter as Pollard. Wat regverdig Pollard se insluiting? Is die beste losskakels nie dalk huidiglik du Preez en Willemse nie? Veral as ons dan redeneer vir die toekoms. Hoeveel speeltyd het Pollard en wat is sy huidige prestasies? Hoeveel keer het hy nie al saam getoer net om in die eerste helfte uit te val nie? Al ooit opgemerk hoeveel keer Jantjies NIE op losskakel is as… Lees meer »

Aitog

Hou in gedagte dat die enigste ander keer wat Jantjies useless was, was toe Alastair Coetzee (en Erasmus as direkteur van afrigting) sy afrigter by die Stormers was…..

Manie

Kan Jantjies ook agter ‘n verloor pak voorspelers uitblink??????

Wesley

Die regte vrae word hier gevra. Die uitmintende spel wat hy handhaaf deur 80 tot 90 persent van sy spel kan tog waarlik nie bevraagteken word nie. Speel een wedstyd sleg (ons almal het ons dae) dan word daar vir sy kop geeis, maar speel Pollard, du Preez of Willemse sleg, dan word dit as niks eensy toe geskyf deur die rugby skrywers en publiek. Dalk meer te doene met sy voorkoms (haarstyl, tattoos), sy voorgegewe “houding” (ek het nog nooit grootpraat of slegte maniere gesien van hom nie, altyd sag geaard en met respek voorgekom in onderhoude) of net… Lees meer »

bloues

Henk. Statistiek wys dat die meeste 4×4 voertuie in Gauteng verkoop word. So volgens statistiek behoort Gauteng se paaie dus die slegste in die land te wees.

Statistiek sê niks, hoe mense dit intreperteer is waar die sin daarin lê.
Groete