Ramaphosa aan Kolisi: ‘Bespreek my kaartjie vir eindstryd’

‘n Skermskoot uit die video op Twitter.

“Ek kom daardie Web Ellis-trofee saam met julle [omhoog] lig.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag aan Siya Kolisi, Springbokkaptein, in ’n telefoniese gesprek gesê.

Die president het in die gesprek, wat opgeneem en sedertdien op Twitter gedeel is, bevestig dat hy van plan is om die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan by te woon mits die Bokke vandag klaarspeel met Wallis in die halfeindstryd in Yokohama. Hulle sal dan volgende naweek teen die Engelse Rose in die eindstryd te staan kom.

“Ons is baie trots op julle en ek wil julle net sterkte toewens vir die halfeindstryd. Ons weet julle gaan baie goed vaar. Julle het 57 miljoen Suid-Afrikaners wat agter julle staan,” sê Ramaphosa aan Kolisi gedurende die gesprek.

“Dankie, meneer. Ek waardeer die oproep en ondersteuning regtig baie. Dit beteken werklik baie vir ons en die span. Ons sal ons bes doen om julle trots te maak en julle hopelik in die finaal te kan sien,” antwoord Kolisi.

Die Springbokke na hul wedstryd teen Japan op 6 September. Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

“Ek kom na die finaal toe. Ek kom daardie Web Ellis-trofee saam met julle [omhoog] lig,” sê die president.

“So, maak seker dat julle my vliegtuigkaartjie bespreek vir die finaal. Ek gaan daar wees,” skerts hy dan verder.

Die portefeuljekomitee vir sport, kuns en kultuur het ook die Springbokke in ’n verklaring sterkte toegewens vir die halfeindstryd.

“Die vooruitgang van die Bokke in die toernooi sedert daardie verloorslag in die openingswedstryd was ’n wonderlike gesig om te aanskou,” sê Beauty Dlulane, voorsitter van die komitee.

“Die Bokke het hulle ongetwyfeld in ’n goeie posisie geplaas om die trofee omhoog te lig.

“Die belangrikheid van ’n oorwinning in hierdie wedstryd is enorm en die spelers weet dit,” sê Dlulane.

Die Springbokke en Wallis sal mekaar die stryd omstreeks 11:00 Suid-Afrikaanse tyd aansê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Age shame amper pik ek nou n traan hy het vir Siya en sy boys sterkte toegewens.

Apools ·

En net daar verloor die bokke die WB. Ongelukkig werk niks waarby die cANCer betrokke raak nie.

Stefanie Tredoux-Malian ·

Ag o liewe flip. Apools jy hoef nie te kyk nie!!!!!

Ramapokker ·

Baie swak boodskap wat hy uitstuur.Sonder een persoon uit en die res n bysaak.

Stefanie Tredoux-Malian ·

Siya is die kaptein!!!!! Moes hy met die waterman gepraat het?

CHAPPIES ·

WELGEDAAN BOKKE..!!! SPEEL AL HIERDIE SUURKNOLLE EN NEGATIEWE SA BANKSITTERS TJOEPSTIL!!! GUN ONS GEBROKE LAND, TOG OOK N BIETJIE, SAAMSTAAN EN SONSKYN MENSE, AL IS DIT DAN DEUR RUGBY!!! GO BOKKE GO!!!

Vra net ·

Hoekom so lelik wees op ‘n positiewe berig? Ek kry skaam vir die meeste kommentare. Welgedaan Bokke, julle het my trots gemaak!

Kallie ·

Jou misdaadlandjie is bankrot en ‘n verleentheid. Daar is niks om op trots te wees nie.

Niklaas ·

Groot geleentheid vir gratis reklame en publisiteit. Sal heelvoor in groepfoto sit en glimlag. Nie n saak met die onbillikheid en onregverdighede van kwotas en sulke snert. Kans vir lekker partytjie in Japan. Ons land se sokkerspan bied nooit sulke kanse nie , nee

Bokkie ·

Sies vir al die nasties!!! Hoe sal Suid Afrika ooit beter word met so n attitude? Julle negatiewe opmerkings onnodig. CR praat met die Springbokke se kaptein Siya Kolisi. As hy sou stilbly sou julle ook iets te sê gehad het. Kry party keer die idee van julle wag net vir n rede om te kla. Kry werk vir julle hande. GO BOKKE!

Boy van die Suburbs ·

Hy hoop seker hulle tel hom ook op, soos wat hulle met Mbeki in 2007 in Parys gemaak het…….

Waarheid ·

Is net daar vir Sy Peoples!!
Bly eeder by die huis en voorkom misdaad dude!

Regs! ·

Ja gaan kyk die game ramampara! Dan het die bok-ondersteuners iemand om te blameer as hulle verloor!

colleen ·

En wie betaal vir die vliegtuigkaartjie? Die hele familie moet nou seker ook saamkarwei word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.