Ranglys sê Bokke steeds die beste

(Foto: Christophe Ena, AP)

Volgens Wêreldrugby se jongste ranglys is die Springbokke steeds die beste span ter wêreld – ten spyte van die feit dat hulle laas op 2 November 2019 ’n mededingende wedstryd teen internasionale teenstanders gespeel het.

Die Bokke het toe die Webb Ellis-trofee in Japan omhoog gehou, maar sedertdien het die Covid-19-pandemie die internasionale rugbykalender eers deurmekaar gekrap, waarna die Suid-Afrikaners ook besluit het om nie hul Rugbykampioenskap-titel te verdedig nie.

Die All Blacks is egter weer tweede op die ranglys ná Engeland se nederlaag van 11 – 6 teen Skotland die afgelope naweek op Twickenham.

Dit was die Rose se eerste nederlaag teen die Skotte sedert 1983 en dit het hulle twee ranglyspunte gekos.

Wallis het ook plekke met Argentinië geruil.

Wayne Pivac se span is nou agste ter wêreld nadat hulle Ierland met 21 – 16 getroef het.

Maar om vir 466 dae eerste op die punteleer te bly – sonder om ’n enkele wedstryd te speel – nou dít wil gedoen wees.

  • Ranglys (soos op 8 Februarie 2021):
  1. Suid-Afrika 94,20 punte
  2. Nieu-Seeland 88,95 punte
  3. Engeland 87,49 punte
  4. Frankryk 85,30 punte
  5. Ierland 83,42 punte
  6. Australië 83,08 punte
  7. Skotland 82,82 punte
  8. Wallis 80,59 punte
  9. Argentinië 80,31 punte
  10. Japan 79,29 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Thereza ·

Nee nooit regtig.
Swakste spul ooit
Hulle moet liefs hul naam verander want hulle onteer di naam Springbok

Andrew ·

Dit is hoe die sosiale idiologie werk. Sosiale kampioene soos Kolise se spanne sal ver afgod word tot op die laaste. Kyk maar vir die terroris mandela.

Anti-Verkramp ·

Maak sin, jou punte kan mos nie verander as jy nie speel nie. Boonop het NS teen Aus en Argentinie verloor, Engeland verloor teen Skotland (spanne wat baie laer is as hulle op die punteleer). Ons verdien om steeds bo te wees, dankie tog vir ‘n beste kaptein ooit. Kolisi. bly maar die beste.

MakersMark ·

Stem saam dat bokke bo is. Nie met Kolisi nie. Middelmatige speler en swak leier. Maar ons ken mekaar se standpunte……

Die Wolf ·

Sien jou eerste sin. Naregte moet hulle nie in die huidige ranglys ingereken word nie. Geen wedstryde gespeel nie. Dit is maar tipies hoe n kroekspul werk. Om snedig met jou te wees sal my net na jou vlak toe neem.

Vrijburger ·

Dink ek by myselwers – sal dit nie interessant wees om die ‘Springbokke’ te laat speel teen ‘n Barbarian span bestaande uit ex-SA spelers en SA spelers in die buiteland wat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.