Ranglysgewys is Aussies swakste in Rugbykampioenskap

Australië se kaptein, Michael Hooper. Foto: Michael Bradley/AFP.

Wêreldrugby se jongste rugbyranglys is bekend en hoewel daar min verandering bo op die punteleer is, het die Wallabies se nederlaag van 57 – 22 teen die All Blacks waarskynlik daartoe bygedra dat hulle na die sewende plek teruggesak het.

Die Aussies het in hierdie wedstryd met ’n harde slag terug aarde toe gekom nadat hulle vóór die kragmeting gesê het dat die magtige All Blacks ’n bietjie van hul aura kwyt is.

Argentinië – wat met 32 – 12 teen die Springbokke verloor het – is nou die sesde beste span ter wêreld.

Intussen het Mark Robinson, Nieu-Seeland Rugby se uitvoerende hoof, gesê dat die land se streng grensbeheerregulasies kan beteken dat die All Blacks se kragmetings teen die Springbokke moontlik in Australië beslis sal word.

Die Bokke is veronderstel om hul 100ste toets teen die All Blacks in Dunedin te speel.

“Ons besef die belangrikheid van die wedstryde en in ’n perfekte wêreld sal ons graag wil hê dat die twee kragmetings in Nieu-Seeland gespeel moet word,” het Robinson gespeel.

Indien die wedstryde in Australië gespeel word, is Perth die gunstelingstad om die kragmetings aan te bied.

  • Wêreldrugby se jongste ranglys:
  1. Suid-Afrika 94,20 punte
  2. Nieu-Seeland 89,29 punte
  3. Engeland 85,44 punte
  4. Ierland 84,85 punte
  5. Frankryk 83,87 punte
  6. Argentinië 83,15 punte
  7. Australië 83,14 punte
  8. Skotland 82,02 punte
  9. Wallis 80,59 punte
  10. Japan 79,13 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

tweeling ·

Die enigste beker wat die Aussies kan wys is die WB van 1999. Oor die algemeen is hulle maar baie swak. Hulle het natuurlik altyd ‘n byt in hulle kommentaar oor ander spanne maar in hulle agterplaas is dit chaos. Hulle sal ook nooit regkom met ‘n oorsese afrigter nie – te veel politiek.

Kirst ·

Moenie vergeet nie; rugby union (wat ons ook speel) is maar die vierde mees gewilde sport in Australië. Australian rules football, krieket en rugby league is almal meer gewild as rugby union. Lg is ‘n privaatskool sport daar, en daar is baie meer openbare skole as private skole.

Jack Russ1 ·

Ja, stem saam met jou daar.

Dit maak nie saak hoe gewild die sport in ‘n land is nie, die nasionale span is die nasionale span. Die resultate wys hulle het pakslae gekry teen ZN, daar is nie ‘n voetnota by was sê “Hulle het verloor maar…..” nie

piet ·

Die feit van die saak is dat ons sukkel om hulle in Australie te klop. Om die waarheid te se, ek dink hulle loop ‘n kortkop voor in die wen/verloor teen SA sedert hertoelating. Daarvolgens is ons nie beter as hulle nie. Hierdie is dinge wat ons sal moet begin regkry. Ons moet spanne soos Australie gereeld daar in Australie klop en ons moet die All Blacks ten minste gereeld in SA klop. Dan sal ek tevrede wees.

Jack Russ1 ·

Ek betwyfel dit sterk, dan gaan daar weer iets anders wees wat moet gebeur voor jy tevrede gaan wees

Erken net dat SA op die stadium 1ste is met rugby

piet ·

Ongelukkig is die feite op die tafel. Ons kan nie Australie in Aus klop nie en ons kan nie NZ hier of daar klop nie (nie eintlik nie). Dit sal my insiens moet verander indien ons onsself wil aanmatig as die beste span ter wereld.

Jack Russ1 ·

Ver voor op die ranglys, WB kampioene, BIL gewen. Reken ons is tans die beste span

piet ·

SA vs AUS sedert 1992: AUS – 30 ; SA-27 ; 3 gelykop. Eina. Ek sal maar liewer nie ons rekord vs die All Blacks gee nie, dis om van te huil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.