Rassie bring Duane allig terug na SA

Duane Vermeulen tydens ‘n Bokoefening (Foto: SA Rugby)

Dit is nou byna seker dat die SA Rugbyunie (Saru) se nuwe rugbydirekteur, Rassie Erasmus, sy sin gaan kry om Duane Vermeulen terug te lok Suid-Afrika toe.

Uit Europa word berig dat Vermeulen aan ʼn Franse sportkoerant bevestig het dat hy nie sy kontrak met die klub Toulon gaan hernu nie. Dit verstryk einde die huidige seisoen wat tot Junie duur.

Daar word bespiegel dat hy ʼn tweeledige kontrak met Saru en die Stormers – vir wie hy gespeel het voor hy Frankryk toe is – sal sluit.

Dit is ʼn ope geheim dat Erasmus Vermeulen as ʼn moontlike Springbokkaptein in gedagte het en hom graag in Suid-Afrika wil terug hê.

Trouens, die groot en verwoestende agsteman was die gunsteling om die Bokkaptein te word toe Toulon in Junie 2015 uit die bloute aangekondig het dat hy sy diens kragtens ʼn 3-jaarkontrak bekom het.

Die 31-jarige Vermeulen, wat Suid-Afrika 39 keer verteenwoordig het, het die Boktrui die afgelope twee jaar weens beserings min gedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willie Bezuidenhout ·

Kan iemand vir my verduidelik hoekom ons so behep is met sekere spelers. HM het vir die slot uit aftrede gaan haal en F du Preez letterlik uit die siekeboeg en wat het hulle beteken. Niks !!!
Eerstens Rassie is die towenaar wat gaan inloop en sy towerstokkie waai en alles gaan regkom. Duane gaan inloop en die span lig dat ons almai gaan wen. In watter droomland lewe ons.

Albert ·

Wat se belegging is dit op n speler wat reeds oor die muur is. Ek het n paar van sy wedstryde gekyk hy is nie meer 50% van sy ou dae nie. Daar is genoeg los voorspelers tans hier wat hy moet ontwikkel daar is genoeg tyd.

Wesley ·

Soos ek voorheen gese het, ons gesukkel het niks te doene met kwotas of transformasie of enige van daai politieke inmenging nie, alhoewel dit n suur smaak in die mond los ja. Ons rugbybase is net behep met sekere spelers en gooi die res net weg, waar hul uit die land vertrek en skitter vir Ierland en Engeland, spanne veel beter as ons. Nou hoe verduidelik jy dit? Daar is n groot chommie-chommie storie aan die gang by SA Rugby, met agente, media en rugby base almal besig met n gechommel by die trog vir hul sopper. Kom ons sien hoe “tweederangse” SA spelers by 2019 vir ander lande speel en ons ore aansit.

rollie ·

Daar moet ‘n geweldige bedrag hier betrokke wees om hom terug te lok, ons weet mos nou wat Toulon die spelers betaal. Ek dink egter in Vermeulen se geval, is dit die moeite werd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.