Rassie, kies ʼn gekleurde Bokspan, sê Jake

Jake White. (Foto: YouTube)

Die oud-Springbokafrigter Jake White het nog nooit sy mond toegehou nie en laat hom deur niemand voorskryf nie.

Dit het hom na alle waarskynlikheid ook tot sy val gebring, al hang daar ʼn goue medalje van 2007 se Wêreldbekertoernooi in sy kas, ʼn Drienasieskroon (2004), die Internasionale Rugbyraad (IRB) se Afrigter van die Jaar-eerbewys (2004) en ’n wenpersentasie van 67%.

White, wat deesdae in Japan afrig, het in sy nuutste rubriek op All Out Rugby voorgestel dat die Bokafrigter, Rassie Erasmus, twee Springbokspanne moet kies (wat sal gebeur) vir die komende toetse op 2 Junie in Washington DC teen Wallis En ʼn span vol oorsese veterane vir die eerste toets op 9 Junie teen Engeland op Ellispark.

White stel voor dat die span vir die Wallis-toets oorwegend uit swart spelers moet bestaan, omdat dit buite die toetsvenster val en spanne soos Toulon en Montpellier nie hul SA spelers beskikbaar sal stel nie.

Volgens White kan dié span Wallis klop, veral omdat hulle weekliks teen die beste spelers van Nieu-Seeland en Australië in die Superreeks hul man staan.

Ek weet nie so mooi nie, want Wallis is op ʼn opwaartse kurwe en het juis die afgelope twee toetse teen die Bokke met 24-22 en 27-13 gewen.

White se span vir die Wallis-toets: Warrick Gelant,  Ruan Combrick, Lionel Mapoe, Damian de Allende, Raymond Rhule, Damian Willemse, Embrose Papier, Nizaam Carr, Thembelani Bholi, Siya Kolisi (kaptein), Lood de Jager, Marvin Orie, Trevor Nyakane, Chiliboy Ralepelle, Beast Mtawarira.

Een vraag: Wat sal gebeur as dié span sou verloor?

White het in die WB-toernooi in 2007 (sy laaste jaar as Bokafrigter) in die kragmeting met Tonga vyf gekleurde spelers (JP Pietersen, Wayne Julies, Ashwin Willemse, Ricky Januarie en Gürthro Steenkamp) vir die opdrafspan gekies. Toe die Bokke kleigetrap het, het hy ná rustyd onder andere vir Percy Montgomery, Frans Steyn, BJ Botha, John Smit, Victor Matfield  en Juan Smith opgestuur om met 30-25 deur te skraap.

In al die ander wedstryde, ook in die opwarmwedstryd teen Namibië toe die Bokke met 105-13 gewen het, was daar net twee gekleurde spelers in sy opdrafspanne.

White se span vir die Engelse toets: Willie le Roux, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, Frans Steyn, Aphiwe Dyanti, Handré Pollard, Faf de Klerk, Duane Vermeulen, Jean-Luc du Preez, Francois Louw, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Vincent Koch, Malcolm Marx en Steven Kitshoff, met spelers soos Bismarck du Plessis, Elton Jantjies en Curwin Bosch op die bank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ben Spreeth ·

Ongelukkig sal Rassie moet volgens die kwota van hierdie jaar nl. 8 – 5 – 2 kies. Hy sal nie toegelaat word om die bestes te kies nie. Kyk bietjie na die Superrugbyspanne wat vanjaar gespeel het.

Eduard ·

Ek het vir die eerste keer i 8 jaar na skole rugby gaan kyk. Ons is so 2jaar agter NZ met skills

Dirk ·

Lyk my hy is “kleurblind”. Ons kies “gekleurdes. Bloues, Rooies, Swartes, Wit en Bloue ens. Teveel rys is nie gesond vir jou en daar bewys hy dit

Johan ·

As White se span vir die Engelse toets sy “sterkste” span is, dan is ek net baie bly hy is nie meer die afrigter nie.

Elkeen is geregtig op sy opinie, maar White het in sy tyd nie daarvan gehou dat voormalige afrigters Springbok rugby kritiseer nie. So miskien moet White mooi dink oor wat hy praat. “Practice what you preach”.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis ‘n fantastiese voorstel. Reënboog-nasie se reënboog sportspanne. 11 Amptelike tale, 11 Amptelike Nasionale Rugbyspanne. ‘n Wit span, met wit afrigters, ‘n bruin span met bruin afrigters, ‘n Xhosa span met Xhosa afrigters, ‘n Zoele span met Zoeloe afrigters……dis absoluut fantasties. Dan keer ons die wêreld die rug toe, en hou ‘n SUPER 11 toernooi hier IN Suid Afrika!!

PLP ·

Weet rerig nie eintlik wat het White te se oor SA se springbokke nie, Hy het sy innings gehad.

Ampie ·

Ek het begin vanjaar alle ondersteuning aan transformasie-sport onttrek. Ek hoop die Bokke verloor goed.

Sprinkels ·

Ek stem heeltemaal saam met ou Jake. Iewers gaan daar meer spelers van kleur gekies moet word en die toets teen Wallis is n goeie begin. En die span wat hy saam gestel het is glad nie sleg nie. Ek glo daar is genoeg spelers van kleur wat goed genoeg is vir enige span. Rassie moet hulle net genoeg kane gee om te ontwikkel. Moenie hulle almal op die bank laat speel nie.
15. Gelant 14. Mampimbi 13. Am 12. De Allende 11. Dyanti/Nkosi 10. Willemse/ Jantjies 9. Faf de Klerk 8. Vermeulen 7. Kolisi 6. JL du Preez 5. PSDT 4. Etzebeth 3. Louw
2. Marx 1. Beast 16. Scarra Ntubeni 17. Kitshoff/ Ox Nche 18. Nyakane 19. Franco Mostert 20. Carr 21. Papier 22. Bosch 23. Mapoe

Ruan ·

Hoekom altyd raase betrek by sport. Ek se maak nie saak watse jy is nie, as jy uitstekende rugby speel moet on jou kies. As jy nou wit, swart, bruin, pienk, of pers is. As die man sy taak goed kwyt kies hom. Ons soek tog ‘n wen span nie ‘n span wat ons naam deur die modder sleep nie.

Petrus ·

White se Bokspan met gekleurdes pla my nie soveel as die spelers wat hy gesamentlik kies nie. Hy wil die Bokke laat verloor, want Frans Steyn, Willie le Roux, D. de Allende (Ellende), en Raymond Rhule is die swakste verdedigers in Wereld rugby. Genugtig net een van hulle in jou span en jy gaan verloor, want opponente ken hulle. Waarom die Sharks nie vir Curwin Bosh op losskakel speel nie,sal net die Du Preez weet! Galant en Bosh is spelers vir die toekoms en nou!

Eps ·

White kan sy van na Black verander en gekleurde tannies vir die span kies. Ek gee nie om nie. Ek kyk oorsee se spanne en basta met die pasta.

Anoniem ·

Jake se spannetjie lyk vir my kookwater. Vervang net vir Combrinck en de Jager met die 2 Gupta broers, dan is die kombinasies perfek, want ‘n paar dollars in die ref se boots en sieda… die game is in die sakkie.

LR ·

Is die man van sy sinne beroof. Namibia is die voorbeeld hulle het BEE heeltemal geskrap, ek neem aan kwotas ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.