Rassie onder die bestes ooit

Rassie Erasmus. (AP Photo/Christophe Ena)

The Times se Stuart Barnes en Stephen Jones voel dat Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, onder die beste afrigters van alle tye tel.

Daar was egter nie plek vir ander Suid-Afrikaanse breiers soos Jake White of Nick Mallett nie.

Volgens Barnes het Erasmus wondere verrig toe die Bokke verlede jaar die Webb Ellis-trofee in Japan omhoog gehou het.

“In twee jaar het Erasmus die Springbokke verander van ’n span wat met ’n gemiddelde loesing van 32 punte teen Nieu-Seeland verloor het, na een wat die Wêreldbeker in ’n ongelooflike vertoning gewen het,” het hy geskryf.

Siya Kolisi en Rassie Erasmus. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Op sy beurt het Jones – oudlosskakel van die Britse en Ierse Leeus – geskryf dat Erasmus die transformasie-kwessie skitterend hanteer het, terwyl hy die Bokke op ’n intelligente wyse afgerig het.

Volgens Jones is Warren Gatland, saam met sir Clive Woodward, die beste afrigters. Tog het Erasmus vir Gatland uitoorlê toe die Bokke vir Wallis in die halfeindstryd van die afgelope Wêreldbeker-toernooi gewen het.

Steve Hansen, ’n afrigter wat 92 uit 106 toetse aan die stuur van die All Blacks gewen het, is tweede en vyfde op die onderskeie lysies.

Stuart Barnes se bestes:

  1. Carwyn James (Britse en Ierse Leeus)
  2. Steve Hansen (All Blacks)
  3. Clive Woodward (Engeland)
  4. Rassie Erasmus (Springbokke)
  5. Warren Gatland (Wallis)
  6. Jack Rowell (Engeland)
  7. Ian McGeechan (Skotland)
  8. Joe Schmidt (Ierland)
  9. Mark McCall (Engeland)
  10. Eddie Jones (Australië, Japan en Engeland)

Stephen Jones se bestes:

Clive Woodward (Engeland) en Warren Gatland (Wallis) is gesamentlik in die eerste plek op Jones se lys.

Die res van Jones se lys:

  1. Ian McGeechan (Skotland)
  2. Mark McCall (Engeland)
  3. Steve Hansen (All Blacks)
  4. Bob Dwyer (Australië)
  5. Jack Rowell (Engeland)
  6. Fred Allen (All Blacks)
  7. Carwyn James (Britse en Ierse Leeus)
  8. Rassie Erasmus (Springbokke)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Michael 1 ·

Ek stem Rassie het die onmoontlike reggekry en verdien sy plek ,Kitch christie,hoop ek spel sy naam reg sou ook n plek kon verdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.