Rassie praat oor Japan, Wallis

Rassie Erasmus. Foto: (Kyodo News via AP)

Springbok-afrigter Rassie Erasmus kan vandag ’n tevrede man wees: Die Bokke het vir die halfeindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi gekwalifiseer en hulle het die Japanse gevaar goed geneutraliseer.

Maar tog erken hy dat die senuwees lekker in die kwarteindstryd geknaag het – veral toe hulle ’n rustydvoorsprong van net 5-3 gehad het. Dit was die minste punte wat in die 2019-toernooi in die eerste 40 minute van ’n wedstryd aangeteken is.

“Ons is baie tevrede oor die feit dat ons na die halfeindstryd deurgedring het, maar ons was teen rustyd lekker op ons senuwees gewees,” het Erasmus gesê.

“Om eerlik te wees, ons was vanuit die staanspoor nogal op ons senuwees om teen Japan te speel. Die ondersteuning wat hulle geniet, is verstommend en die manier waarop hulle teen Ierland en Skotland gespeel het, het vir hulle baie momentum gegee.”

Teen rustyd was daar ’n paar Springbok-koppe wat in die kleedkamer gehang het, maar Siya Kolisi en Duane Vermeulen se praatjies het die spelers weer gemotiveer.

“As iemand ’n duikslag mis of as daar ’n gebrek aan toewyding is, kan kwaai woorde moontlik help. Maar as ’n speler bloot ’n ongedwonge fout gemaak het, moet mens eerder probeer om sy selfvertroue ’n hupstoot te gee. En dit is presies hoe Siya (Kolisi) en Duane (Vermeulen) dinge teen rustyd benader het.”

Erasmus is ook tevrede oor die feit dat die Bokke se wedstrydplan op die uiteinde ’n sukses was.

“Ek dink nie dit was ’n gebrek aan toewyding wat ons in die eerste helfte gekniehalter het nie. Dit was meer die kwaai druk wat Japan op ons geplaas het. Die intensiteit waarmee hulle ons verdediging getoets het, was ongelooflik.”

Hy voel dat die Bokke se verdediging goed was en dat die voorspelers die grondslag vir die Suid-Afrikaners se sege gelê het.

“Ons het geweet Japan gaan teen ’n hoë tempo speel en het die span op só ’n wyse gekies om hulle in die skrums, afbreekpunte en losgemale te oordonder. In dieselfde asem het ons hulle spoed en individuele Ferrari-blitse in toom probeer hou.”

Die aandag verskuif nou na Sondag se halfeindstryd teen Wallis en hoewel Erasmus in sy voor- en agterspelers glo, wil hy hê hulle moet vir die volle 80 minute van ’n wedstryd konsentreer.

“Daar was drie of vier minute teen Japan waar ons die konsentrasiebal laat val het. Dus glo ons nie dat ons iets spesifieks – soos skrumwerk of lynstane moet teiken nie – maar eerder om vir die volle 80 minute te speel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Onnodig ·

Ek is nie n rugbykenner nie, maar as die “Speler van die wedstryd”volgende naweek met dieselfde gameplan die balle in die oponente se hande gaan inskop, dink ek kan ons maar koebaai se vir die beker.

Schalk ·

Ek dink ook dat daai sinnelose skoppe ons n plek in die finaal kan kos. As de Klerk dan moet skop, kies spelers wat daai balle kan jaag, dit maak net nie sin dat sulke skoppe deel van n wedstryd plan is nie, en indien dit is, moet iemand mos kan sien die plan werk nie. Ek dink ons beter skrumskakel hou op die stadium die bank warm.

JohanR ·

Weet dit is ‘n ander tyd, ‘n ander veld en ‘n ander dag, maar Wallis het die Springbokke vier keur gewen, in hulle laaste vier ontmoetings. Hoop soe baie dat Sondag nie vyf keer is nie!

Snuffels ·

Persoonlik dink ek nie die “konsentrasiebal” was laat Val nie… Was eerder weg geskop.

Hennie ·

@Snuffels ek stem 100% saam met jou, weet nie wat se wedstrydplan dit is om te skop en sodoende balbesit af te gee en weer van voor af te baklei daarvoor.

Mel Johannessen ·

Faf kon net sowel n Japan trui gedra het! As Rassie met Faf gaan “stick” gaan ons nog vier jaar moet wag vir n kans om die WB te wen. Uit 10 skoppe het Faf AL TIEN KEER die besit vir Japan gegee.

Joke! ·

Nes jy daar se! Ek verstaan ok nie die plan nie as jy dit n plan kan noem!Bal wegskop keer na keer en nie opvolg klink nie vir my na n lekker deurdinkte plan nie..Gee hul dan eerder net die bal en spaar ons die frustrasies van wonder hoekom???Ek vra weer hoe ver trek faf se balle wanneer hy skop? Omtrent so ver soos sy lang uitgestrekte been!Japan se nr 10 was nou vir jou lekker om na te kyk…Plan en n doel.Hy het die bokke eerder laat bont staan soos bontebokke..Net jammer vir Japan het hul voorry uit stoom geraak en die bok voorry het begin oorheers! Maar die agterlyn was regtig egtig swak..Laat ons nou nie doekies omdraai en twak praat nie! Enige mens wat wil sien kon sien 9 ,11 en 12 en 15 het droog gemaak soos gewoonlik baie van daai manne hoort nie daar om daai salaris te verdien nie aangesien hul nie op top vlak presteer soos verwag van hul word nie ! Beast se spies duik ??? Wat dink die man ek meen ons almal weer die skeidsregters reik bloed en straf enige iets naby die nek of kop erg..Hy beast was baie baie baie gelukkig om nie n rooi kaart te kry nie maar gelukkig was daai ref ok maar swak met ander besluite! Kolisie was beter maar oortuig my nogsteeds nie jammer!Sal kolosi dieselfde stoom he teen die All Blacks of weer net in stilte in die agtergrond verdwyn???

AG nee ·

Ag nee man ek dink jy oordryf nou. Die skoppe van Faf was net dood eenvoudig nie goed genoeg nie, maar as dit wel was waar dit moes eindig sou almal ander storie gesing het. Die ander fassette van Faf se spel was egter puik darom ws hy man van die wedstryd. Ons moet ons eenoogigheid los.

Genieve ·

Tot die kommentators was teleurgsteld in Faf se skoppe as dit so sal gaan Sondag is dit tiekets met ons.

Bosiekop ·

Die plan van Faf se geskop het gewerk.
Dink daaraan, Faf skop die bal in die Japaners se hande. Die hele springbok span storm op en PLETTER vat die Japaners. Hulle is naderhand so bang hulle word geloop dat hulle nie mooi weet wat om met die bal te doen nie. Het julle klaers opgelet dat hulle planloos was met die bal in die hand. Bollie bang hulle word geloop. Siedaar van die Ferraries kom daar niks,

Annetjie ·

Los Faf uit !!! Hy volg die WEDSTRYDPLAN – so moenie hom kruisig nie – Hy is n goeie
Speler op die veld en van die veld !!!

koos ·

Ek sou so hoop, ja, want geen speler behoort soveel aan te jaag op sy eie nie.
Annetjie, lyk my jy weet meer as ek, verduidelik asb die wedstrydplan aan ons ook?
Was dit iest soos skop alle besit weg?
Tot die kommentators het nie geweet wat aangaan nie, en hulle is oud spelers en afrigters.

Speedguard ·

Stem annetjie, sommige mense kyk met een oog, ek stem saam die skoppery is ‘n probleem maar speel hy onder instruksie …verder het hy ‘n uitstekende wedstryd gehad met sy opskiet verdediging en tackles oor die algemeen!

Henry ·

Dankie tog Annetjie!
Dat selfs ‘n vrou weet dat Faf die afrigters se opdragte uitvoer, is fantasties. Dit vertel meer van haar insig oor ‘n spanspeler soos Faf, wat bloot die wedstrydplan uitvoer, as wat al die klakouse se ‘wyshede’ van enige nut vir mens of dier mag wees.
Wonder hoeveel van Faf se kritici sal dag in en dag uit bereid wees om daai 2 keer groter aanstormende piete, onverskrokke en suksesvol te tackle.
Loop raas met Rassie en vennote oor die skoppery. Vertel sommer ook vir ons en die afrigters wat Le Roux, Amm, en ‘n paar ander moet doen om so balvaardig, skeppend, vinnig, ens ens ens soos die AB’s – en deesdae – selfs die Engelse te wees.

TwaalfBoor ·

@Annetjie
Moet ASB nie verduidelik wat jy bedoel met “goeie speler van die veld af” nie.

waarheid ·

Net jammer ons het soveel balbesit verloor. Deur Faf.
Dan is daar ook Willie wat gladniee meer daar hoort nie. Sy raklewe is al laaaankal verby.
Waarom sien Rassie dit nie?
Ja ek sou ook senuweeagtig gewees het met die skopper Faf, en Willie in die span. Dis verseker.

James ·

Praat nie eers van hoender uitgee nie. Wat was dit? Wie het hy probeer beiindruk? Homself?

Josua Keys ·

Ek stem heelhartig saam die vorige kommentare, Rassie is vasgevang in ‘n ou rugby styl, Stoomroller of wegskop rugby punt. Almal kan maar kla soos julle wil, maar ons het ook nie ‘n wafferse agterlyn wat weet wat om met ‘n bal te maak nie, die enigste speller wat regtig moet gaan is Willie le Roux(Het glad nie ‘n goeie wereld beker toernooi nie) , Pollard het die heelagter se werk uitstekend gedoen waar Willie alles geknock het en kon nie een bal uit die lug vat nie. Met Elton Jantjie op losskakel, Pollard op (binne setnter) en Dialende (buite senter) Damian Willemse regter vleul en Colby op heelagter en die Bokke sal skitter rugby speel.

Dell ·

Dis tyd dat daar ‘n ander gameplan dan nou maar die lug sien! Kan ons ophou om voorspelbare rugby te speel en nie vir Faf die bal gee om te skop nie. Ons sal ons teenstanders ofvoes. Die arme voorspelers moet vrek hard werk en dan kry die agter spelers ook net nooit die bal nie. En wanneer dit wel gebeur, is die gameplan om die bal weg te skop!!

Francois ·

Rassie ou seun luister nou mooi wat die oom vir jou se: DIT WAS N GEBREK AAN BALBESIT EN BALBESIT WEGSKOP wat julle in die eerste helfte geknie-halter het. Jy het al die toewyding in die wereld onder jou voorspelers gehad wat 99% van die tyd die bal wen,dan kry jy die bal en skop hom weer in die oposissie se hande. Dis hoekom dit 81 % balbesit aan Japan se kant was die eerste helfte, en dis hoekom jy net met 5/3 voorgeloop het.
Dooen dit nou weer volg naweek as jy wil he julle moet verloor. As ons met Godsgenade en die voorspelers dan deurkom na n finaal – traai dit teen die AB’s… en kyk wat gebeur.

Liza ·

Is Duane Vermeulen die kaptein? Ja, hy is, hulle mag dit net nie se nie! Duane word ‘n onreg aangedoen. En ek hou niks maar niks van hierdie “game plan” om besit weg te skop nie!

Apools ·

Heeltemal reg tussen hom en nr 10 is dit die ware leiers in die span. Kwota sing liedjies in die tonnel en maak geluide op TV en dis dit.

Andries ·

Ek dink nie dat Faf te veel skop uit eie oorweging nie. Glo hy volg net die wedstrydplan. Die uitvoering van sy skoppe laat egter veel te wense oor. Waarom is daar nie n plan “B” as hy die dag nie akkuraat kan skop nie? Waarom kan die Kaptein of ander senior spelers nie n ander taktiek voorstel of volg nie?

TwaalfBoor ·

Andries
Dan moes plan B van dag 1 af ingestel gewees het. Want sy skoppe was nog NOOIT akkuraat nie.

Dubbelloop ·

As die wedstryd plan n geskoppery is wat Faf doen, moet hy net flippen leer om daai balle op die regte plekke te laat land, nie in die opponente se hande nie. Ek dink steeds hy het minstens 70% te veel geskop. Ons het geen van daai balle wat hy so weggeskop terug gewen nie. Daar moet n plan B wees wat hulle n wen sal verseker. Lyk vir my in krieket en rugby is “Faf” n probleem.

Spel plan ·

Baie kritiek op Faf en van die anderspelers. Dit is eenvoudig daar is n span plan enhou daarby. Die rede hoekom ons die bal verloor is omdat die skoppe net nie goed genoeg was nie en ons spelers i by die bal kon kom nie. Kyk na die ander spanne. Hulle doen presies dieselfde maar kry baie van hulle balle terug of wen veld. Faf se skopwerk moet net afgerond word. Elkeen van ons het ook n afdag by die werk en word steeds daarvoor betaal en nie gefire nie. Die omstandighede en klimaat speel n baie groot rol in die spelplan en daarom nie sondermeer daarvan afwyk nie. Rassie is op die regte pad, maar die Al Blacks bly in n ander klas en glo ek ons het buite kans om te wen as ons n absolute foutlose wedstryd kan speel.

TwaalfBoor ·

@spel plan
Dis hoekom die All Blacks in ñ klas van hul eie is. Hulle volg nie ander spanne se planne soos skape nie.

Koo's ·

As hulle nie eens almal weet in water truie om te speel nie hoe gaan almal van hulle weet water game plan om te speel

Josua Keys ·

Ek verstaan nie hoekom hulle Faf die skuld gee nie, hy sal nie in die eerste plek n Springbok geword het as hy dit nie verdien het nie. Waarom het Johan Ackermann nie n probleem met Faf gehad nie en onder sy en Swys se afrigting het Faf Springbok geword so wie is eintlik die probleem hier???? RASSIE mense !!!!! Rassie moes lank al weggedoen het met die alewige stampkar rugby en die wegskop van die bal. As die bokke gister die spel van die Japaners gespeel het sou ons die wedstryd met teminste 60 punte gewen het, selfs die omroepers van Super Sport het ook dieselfde gesê “wanneer gaan ons afstand doen van die stampkar en wegskop rugby. Johan Ackermann het dit briljant reggekry maar was nie eens in aanmerking gebring om die bokke af te rig nie, as Johan en Swys oorgevat het as afrigting span het SA vandag ‘n baie beter en aanskouliker rugby gespeel. Rassie is ook goed maar moet sy kop reg kry en vergeet van die verlede, Rassie bring die afrigter van Japan SA toe sy velkleur is reg en hy KEN SY RUGBY!!!!!!

Jan Brand ·

Die bal wegskop lyk vir my soos die wedstrydplan. Toe Jantjies as skrumskakel doen hy dieselfde. Wat ‘n onnosel wedstrydplan. Gaan nie werk teen enige van die oorblywende spanne nie.

Kokkie ·

Kom ons wees nou eerlik. As enige speler van die S.A.-rugbyspan ( in my oë is hulle nie Bokke nie) deur ‘n opponent in die grond in geboor is soos wat Beast ‘n opponent ge-‘speartackle ‘ het, sou ons S.A.-ondersteuners van hulle koppe af geraak het. Nou is almal gerieflik doodstil. Ierland se senter, Aki, se toernooi is kortgeknip agv ‘n patetiese swak beslissing. Beast moet ge-‘sight’ word en nie toegelaat word om verder in die toernooi te speel. Italië se speartacklers teen S. A. het die hoogste prys betaal. Wees konsekwent!.

Pietsnot ·

Liza, jy is heeltemal reg. Vermeulen is die kaptein . Gedurende die wedstryd het die Bokke se waterboy net met Vermeulen gesels, terwyl Kolisi eenkant gestaan het. Vir wie probeer Rassie en die ANC flous?

Swartwolf ·

Heeltemal reg. ANC instruksie vir Rassie. En dan natuurlik vir stok om agterlyn afrigter te wees en sien ons nie die resultate nie ? Voorspelers wen nog elke wedstryd, agterlyn het bokke se wedstryd teen NZ gekos. As Duane en Pollard die dink en praatwerk doen wen die bokke. Kwota het nou wel ‘n paar miniatuur Japanese hard geduik, kom ons sien hoe ywerig hy is teen Wallis wat ook ‘n makro pak het. Praat nie van England en NZ wat ekstra fisies is nie. Of gaan hy weer bankie toe op 50 min en Duane doen al die werk?

Mike ·

Ek hoop julle het n ander game plan, julle is baie voorspelbaar, n skoppie op sy tyd kan goed wees maar nie die hele tyd nie.! Bring v Jantjies in die begin op en hkm storm niemand op die bal af as daar stradskop na pale gevat word nie

thelsa ·

Toe ek laas die basics van rugby gelees het, het die skrywer nogal baie melding gemaak dat balbesit belangrik is as jy die wedstryd wil wen. Hy stel nogal sterk voor dat jy nie die bal sommer onnodig vir die opponent moet gee nie. Dit is nou wel so dat die telbord wys dat SA gewen het maar ek hoop nie dat die Bokke dieselfde teen Wallis gaan doen nie. Die Noordelike Halfrond-spanne het nogal ‘n geneigdheid om jou te laat verdedig vir 80 minute as hulle die bal het. Smaak my hulle het ook al daai boekie gelees.

Janee ·

Nz en eng lag lekker dat ons balbesit wegskop. Hulle lek seker hulle lippe af om teen Faf te speel. Kom ons hoop Rassie dink n regte gameplan uit.

TwaalfBoor ·

@spel plan
Dis hoekom die All Blacks in ñ klas van hul eie is. Hulle volg nie ander spanne se planne soos skape nie.

Kokkie ·

Jy’s heeltemal reg, Twaalfboor. Hulle bly doodeenvoudig ligjare voor enige ander span. En hulle is nie skaam om die wit varing met trots op hulle truie te dra nie.

Linda ·

Dit maak seker nie saak hoe slordig ons Springbokke rugby speel nie, ONS WEN N GAME, en dis belangrik !!!

Jan ·

@ Linda, Het die All Blacks nie die bokke in hul eerste game geklop nie?

George in Bloem. ·

Ons het BAIE geluk nodig om komende saterdag teen Wallis deur te dring na die finaal as mens ons huidige spelpatroon en ons laaste vier verloorwedstryde teen Wallis in ag neem. Ek sien ongelukkig nie ‘n wen vir one manne hierdie naweek nie. Hoop maar ek’s verkeerd.

Barrie ·

Ek is baie tevrede met ons spelpatroon ,ons gaan net moet aanpas teen All blacks ons gaan baie meer moet skop as ons wil wen ,sal die All black swakpunte moet uitbuit skop heeltyd op Beauden Barrett , Bridge en Reece hulle vleuels die manne het geen skills ons moet dit uitbuit so Rassie my raad hou asb aan skop man skop meer, die All blacks kan mos nie aanval nie.

JK ·

Rassie se daars nie kwotas in die span nie, maar wat noem jy vir Willie dan?!

Francois ·

Hoor nou weer vanoggend die een: Wat se Chuck Norris oor laas Sondag se spel patroon deur die Bokke…”I kick only once”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.