Rassie sal nie krap waar dit nie jeuk nie

Sal Jan Serfontein , links, vir die Bokke weer saam met sy ou Bulls-spanmaat Handré Pollard speel? (Foto: GB Jordaan)

Die kans is uiters skraal dat die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, aan sy span sal snoei ná hul uitstaanvertonings teen die All Blacks in die Rugbykampioenskappe.

Erasmus-hulle moet binne die volgende week of twee die groep kies vir aanstaande maand se Europese toer wat toetswedstryde teen Engeland, Skotland, Frankryk en Wallis insluit.

Soos ek Erasmus ken, sal dit ʼn groot groep wees, straks 36 spelers.

Dit beteken dat hy ʼn paar spelers sal byvoeg, soos Duane Vermeulen, Warren Whiteley, Trevor Nyakane, S’bu Nkosi, Warrick Gelant en Makazole Mapimpi, wat reeds in die Rugbykampioenskap-groep was. Maar dit sal ook net gebeur as hulle hul fiksheid kan bewys.

Moet ook nie verbaas wees as die senter Jan Serfontein ook betrek sal word nie. Hy speel tans uitstekende rugby en het die afgelope naweek vir Montpellier teen Toulon uitgeblink.

Verdien enige speler dit om weggelaat te word?

Ja, sal baie lesers tereg opmerk, daar was probleme met die Springbokke se plaasvervangers, wat nie Saterdag op Loftus Versfeld die nodige impak teen die All Blacks kon maak toe dit laat in die wedstryd nodig was met die Bokke nog gerieflik voor nie.

Maar kom ons vergelyk die spanne wat die All Blacks met 34-32 in Wellington geklop het en die ene wat Saterdag met 30-32 verloor het.

Afgesien van die beseerde senter Lukhayno Am (vervang deur Jesse Kriel), die agtsteman Warren Whiteley (vervang deur Francois Louw) en Kriel (vervang deur Cheslin Kolbe) het dieselfde opdrafspan in albei toetswedstryde teen die All Blacks gespeel.

Kom ons vergelyk die twee stelle plaasvervangers: In Wellington was Cheslin Kolbe, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Francois Louw, RG Snyman, Beast Mtawarira, Wilco Louw en Bongi Mbonambi op die bank.

Erasmus het sewe van hulle opgestuur en net vir Cronje in sy sweetpak gehou. Hulle het gehou en gehou, die All Blacks weg van hul doellyn gehou nadat die Bokke ook ʼn voorsprong gehad het.

Saterdag was Damian Willemse, Elton Jantjies, Embrose Papier, Sikhumbuzo Notshe, RG Snyman, Beast Mtawarira, Vincent Koch en Bongi Mbonambi op die bank. Erasmus het al agt opgestuur en hulle het eers by die eindstreep geswig toe Ardie Savea die wendrie gedruk het.

Was dit nie eerder ʼn gebrek aan speeltyd, die momentum en kontinuïteit wat verbreek is nadat die Bokke gerieflik voor was nie?

Erasmus het die houe op die ken gevat en gesê hy staan pa daarvoor.

Kom ons wees eerlik: Met ʼn afgewaterde Curriebeker-reeks wat oor net een ronde beslis word, hoe en wanneer kan plaaslike spelers vir Erasmus van hul deugde oortuig?

Ook, is daar beter plaasvervangers in Suid-Afrika?

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jannie ·

Die Bokke kan enige span enige tyd klop,mits hul aanvallende rugby speel tot op die einde en met die bal in die hand,nie soos al ons huidige spanne maak is SA om net aan te val tot ons voor is dan wil ons net verdedig en bal besit weg skop,dit werk nie so nie,dis hoekom AB gewen het,hul het gespeel tot die laatse minuut…dis hoe jy n game wen,met bal in die hand en speel tot op die einde.

Genieve ·

Hoop hy het geleer uit sy foute dat n jy krap nie aan n wenspan nie en nou het die bokke geleer jy speel 80min en nie 78 min nie . Julle het die AB gewys julle kan hulle wen maar speel asb net voluit

Anoniem ·

Kom ons leer almal ‘n rugby lessie en ons kry Onsself agter die Bokke, lig hulle OP en wees positief en dan gaan Julle sien wat gebeur in November in die Noordelike Halfrond ! Go Bokke Go ! (Laat die All Blacks aanhou WORRY)

Tom ·

Kom ons los die gekla oor die kwota spelers. Hulle is besig om my gunstelinge te word. Praat van flair!. Ons het verloor oor 2 onnodige strafskoppe en toe mis die ref nog die skewe ingooi in die laaste lynstaan ook.

Henry ·

Jis Tom, jy klink nogal bekend. :-)
Nietemin.
So het elkeen maar hul eie gunstelinge.
My pelle en ek se gunstelinge is gewoonlik die ouens wat met uitsonderlike en bewese talente uiteindelik ‘n groen trui as welverdiende erkenning oor die kop trek, sonder en tsv enige ras-, taal-, of kleurvereistes.

GroenBloed ·

Jy is reg Tom. Ongelukkig is daar die kermpotte wat floreer op kritiseer, kerm en kla. Ek dink van hulle wens die Bokke verloor want as die Bokke wen is hul gesigte rooi. Dis soos BTW en brandstofheffings, niemand wil dit betaal nie maar mens moet, dis volgens die wet. Net so wil almal nou die sogenaamde “kwota spelers” wegwens, jy kan maar wens, dit gaan nie verander nie. Daar is die afgelope paar jaar “wit” spelers wat nie hul kant gebring het nie. Oor hulle is die kermkouse tjoepstil. Ek gaan nie name noem nie, hulle kies hulself nie. Die wat so aanhoudend kerm en kla oor spankeuses, se woorde en moontlik hul dade spreek van hul swak karakters. As die kermkouse dan nou “beter” is as die “hulle”, sal hul so optree en binne al die parameters die land ‘n beter plek probeer maak. Maar nee, hulle hoop en wens vir iets soos om te verloor teen NZ, want dan kan hul hul swak oordeel lekker wyd en syd verkondig.

Boet ·

Hoe haal n afrigter 6 of 7 sleutel spelers 15 minute voor die einde af en sit die reserwes op en dit nogal teen die ABs. Bokke moes die game gewen het.

SjN ·

Die probleem was by die ref.
Elke keer as hy skree, leave it black, dan staan sekere spelers van die bokke terug.

Genieve ·

Boet ek stem met jou saam maar ek dink hyt geleer uit sy fout want hyt die game vir AB op n skinkbord gegee.

All Black ·

Dis wat my moedeloos maak van die Bok ondersteuners. As die Bokke verloor is dit altyd die ref se skuld. Dit het tradisie geword om oor ref te kla as die scorebord nie reg is volgens jou nie. Die bokke het nog baie om te leer by die All Black. As die AB gestraf word dan aanvaar die manne dit en vat nie die Ref aan nie. As ‘n Bokkie gestraf word dan tel hy arms en hande op en vra die kameraman wat het hy verkeerd gedoen. Ene aandag soek vir sy eie onvermoee om die game reg te speel volgens die reels. My raad aan die huilende Bok ondersteuners—Koop ‘n nuwe reelboek en los die voggies tot na die game.

ac ·

die AB IS NOU ‘N BEKOMMERDE SPAN AS HULLE VAN SA HOOR (BOKKE IS NIE N MAKLIKE SPAN NIE AWE

wolla ·

Rassie is 5 uit 10 sover, reeds meer verloor as verlede jaar se bokke. Verlede jaar het ons ook fantasties gespeel op Nuweland teen NS en moes gewen het.. Toe val die wiele af op die oorsese toer. Ons sal sien, gaan nie maklik wees nie.

Lekker lag ·

Laasjaar het AC se span nie die AB’s in NZ geklop nie. Groot verskil.

wolla ·

Hulle het ook nie in Argentinie en Australia verloor nie en ook nie in die Junie toetsreeks verloor nie, groot verskil.

Lekker lag ·

Sal definetief beter gaan met Toetie wat permanent gebench is.

wolla ·

AC (gekortwiek deur die oorsese spelers reel) verloor slegs teen NZ in die Rugby Kampioenskap. Rassie met veel vryer teuels om oorsee te kies verloor teen NZ, Aus en Argentinie.

Lekker lag ·

Toetie het ‘n gemors agtergelos. Ongemotiveerde spelers, rigtingloos, kapteinloos. Maar die jaar (2018) is die kwota “target” verhoog. So Rassie het nie regtig vryheid van keuse nie so “oorsese” keuses tel nie in sy voordeel nie. Maar eintlik kan ou Rassie ook maar tel as ‘n kwota afrigter want afrigters wat regtig sukses bereik het, Christie, Mallet en White het geweier om te voldoen aan die demands van poitici en spelers onder dwang te kies wat eintlik nie daar hoort nie. Snorre het White se wereldbeker span geerf so die spelers het eintlik vir hom gese wat om te doen.

wolla ·

Na afloop van die rugby kampioenskap verlede jaar her AC slegs 2 toetse vir die jaar verloor. Rassie het in die ooreenstemmende tyd reeds 5 verloor. Rassie het ook sover vanjaar teen al die spanne wat hy gespeel het verloor. Begin al hoe meer na ‘n kwota aanstelling te lyk.

wolla ·

Rassie het sover teen al die lande wat ons gespeel het, verloor. Pateties.

Boerseun ·

Net 3 spelers van kleur het begin. Hoe gaan dit inpas by die kastige transformasie teiken vir WB?

All Black ·

Boerseun die somme is maklik voorspelbaar vir die WB as Rassie transformasie najaag
All Blacks 57—-Sprinbokke 0
Bokke gaan vinnig huistoe kom.

Swartwolf ·

@boerseun: goeie vraag. En toe die subs opkom om die “transformasie” doelwitte te bereik toe transformeer die telling met 19 punte in 15 min in die AB’s se guns en bokke verloor. RWC se transformasie doelwitte is nog 5% hoer as Saterdag s’n.

Witwolf ·

Ja ou swartwolf jou komentaar laat my dink aan hierdie pappas langs n laerskool rugby veld nog nooit aan n bal gevat maar baie te praat.

Swartwolf ·

@Witwolf ou wittes dis altyd maklik om persoonlik te raak as jy nie kan byhou met die pas van die redenasie nie. Maar gelukkig maak dit nie saak of dit pa’s of ma’s is wat hier comment nie, of jy rolbal of rugby voorheen gespeel het nie. So wat jy nou eintlik dink oor wie of wat persone is wat hier comment sal altyd jou persepsie bly en nie die waarheid nie. So sulke comments laat my dink aan ‘n ou wat nooit span gemaak het op skool nie maar agter die fietsloots nonsens gepraat het van die ouens wat in die span is. Bly eerder by die onderwerp.

Henk ·

Waar dit nie jeuk nie? As hy dink de allende en flou louw is nie n jeuk plek nie is hy waaragtig siniel!

wolla ·

De Allende is by verre ons beste binnesenter. Hy en Kriel is ook by verre ons beste senterkombinasie. Flo is oor die muur.

Lekker lag ·

Toetie het ‘n gemors agtergelos. Ongemotiveerde spelers, rigtingloos, kapteinloos. Maar die jaar (2018) is die kwota “target” verhoog. So Rassie het nie regtig vryheid van keuse nie so “oorsese” keuses tel nie in sy voordeel nie. Maar eintlik kan ou Rassie ook maar tel as ‘n kwota afrigter want afrigters wat regtig sukses bereik het, Christie, Mallet en White het geweier om te voldoen aan die demands van poitici en spelers onder dwang te kies wat eintlik nie daar hoort nie. Snorre het White se wereldbeker span geerf so die spelers het eintlik vir hom gese wat om te doen.

Swartwolf ·

Ja nee Henk stem saam daar is baie beter senters beskikbaar maar Die Ellende is daar vir redes wat ons verstaan. Louw is moeg en moet rus. Daar is beter loosies beskikbaar. Kriel het gewys hoekom hy daar hoort.

Lekker lag ·

Wolla jy weet jou arguments slaat sag soos ‘n marshmallow.

wolla ·

Daar’s slegs een wêreldklas-speler wat definitief die span sal versterk en dit is Vermeulen.

Bokspan ·

Stem saam maar span sal verder versterk word deur sekere spelers UIT te laat: de Allende, Kohlisi, Kolbe, Papier, Notshe, Willemse en Mbonambi. Kry Vermeulen in, ‘n kaptein wat kan lei onder druk en agterlyn wat se verdediging en posisionele spel wereldklas is.

wolla ·

Ha, ha. De Allende en Kolisi is van ons beste spelers en Mbonambi is beter as enige ander reserwe haker in SA.. Willemse is ook ons beste jongeling wat deurkom, hy gaan nog jare vir die Bokke speel.

All Black ·

@wolla. Dis lekker vir die AB om teen die Bokke te speel as hulle jou kwota heros in het. Die scoreboard se alles. Lyk my jy het al klaar Saterdag se game vergedt— kort geheue of geen oortjies??

robert naude ·

Dit was die ref se skuld, elke keer as hy vir die all blacks geskreeu het, leave it black, het van die springbok spelers terug gestaan…….

Lekker lag ·

Robert dis hoekom in die laaste 5 min het net 6 spelers in groen gespeel.

Frans C ·

Die Springbokke het ‘n gulde kans om te wen verspeel en so ‘n kans gaan nie weer gou gebeur nie.Die All Blacks het spelers met meer ervaring op die reserwebank.Trouens ‘n span wat spelers soos Damian McKenzie nie eers op die reserwebank kies nie,beskik oor hope wedstrydwenners.
Ek is bly die mannetjie was nie daar nie want hy het die vermoë om enige span te sink.

Almal wat nou skreeu dat ons rugby terug is,weet nie waarvan hul praat nie.Ons rugby is swak,ons het eenvoudig nie die reserwekrag om werklik impak vanaf die bank te maak nie,want Rassie word soos alle afrigters voor en na hom deur politieke base gekortwiek.

Die feit is dat sedert die rubgbykampioenskap begin het,het die All Blacks met ‘n veel kleiner spelergetal dit reeds 16 keer gewen,Australie 4 keer en Suid Afrika 3 keer.
Dit stem presies ooreen met die lande se prestasie in superrugby,NZ-spanne wen dit 16 keer,Australie 4 keer en Suid Afrika (Bulls) 3 keer.

Dit is dus duidelik dat as jou superrugbyspanne sterk is en bo eindig het jy ‘n goeie kans
om die kampioenskap te wen,maar dan moet ten minste drie van jou spanne in die boonste 4 eindig en nie net een nie.

Ruk superrugbyspanne reg,hou op om spanne ten koste van ander te versterk,want dit beteken niks vir Suid Afrikaanse rugby nie.

All Black ·

@Frans C—-ek het jou brief geniet want jy weet waarvan jy praat gestaaf met feite.
SA Rugby is beslis nie gesond nie netsoos SARU se bankbalans nie gesond is nie.

Frans C ·

All Black
Dankie .Die probleem is dat baie rugbyliefhebbers soos die spreekwoordelike volstruise met hul kop in die sand leef.Erasmus probeer die onmoontlike.Die man het bv onderneem
dat elf van die opdrafspan in die 2019 wêreldbeker spelers van kleur sal wees.

Dit beteken as jy die ruggraat van die span insluit dit nie haalbaar gaan wees nie.Sluit jy Marx,Vermuelen/Whitley,de Klerk,Pollard,Le Roux in ,dan laat dit plek vir 10 en nie elf nie.
Dan kan jy net sowel vir Kriel,Kitshoff,du Toit en ander sê soek jul heil oorsee,want daar is nie plek vir julle in die span nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.