Rassie sal soms waag in soeke vir regte Wêreldbeker-span

Rassie Erasmus (Foto Munsterrugby.ie)

Kom ons vergeet eers van die span wat Rassie Erasmus Donderdagoggend vir die tweede toets teen Engeland in Bloemfontein gaan kies en ontleed ook wat hy dié week oor spankeuses vorentoe gesê het.

Die realiteit is dat die Wêreldbeker, nie net in Suid-Afrika nie maar vir alle spanne wat reeds gekwalifiseer het en dié wat nog moet kwalifiseer, die fokus is.

Dit gaan nie oor wat vandag, of wat  in die reeks tussen Nieu-Seeland en die Franse en ander toetsreekse gebeur nie.

Nasionale kleure word nou deur afrigters in redelike oormaat uitgedeel aan spelers om hulle op internasionale vlak op te weeg, om te verseker dat die heel beste uiteindelik vir die Wêreldbeker daar en slaggereed daar sal wees. Dit is vir die afrigters só ʼn uitdaging, dat die een of twee toetse wat miskien daaroor in die slag bly, nie die ergste nie.

Só het Eddie Jones en Warren Gatland byvoorbeeld die spanne van Engeland en Wallis sonder ʼn klomp groot name oorsee gestuur en ʼn spul jong spelers kans gegee om toetsvlak hand op te steek. En net só gaan Rassie Erasmus ook maak.

Hy het die week daarop gewys dat daar net 16 toetse voor die Wêreldbeker-toernooi oorbly en dat die afrigtingspersoneel ʼn paar dinge wil toets.

“Dit is natuurlik ʼn versoeking om nie aan die span vir die tweede toets te verander nie,” het die Bokafrigter gesê, “maar ons moet ʼn paar dinge op die proef stel.”

Dít sal van die een toets na die ander gedoen word. Hoewel dit nie groot skuiwe of veranderinge sal wees nie, sal daar een, twee of drie subtiele veranderings wees. Trouens, Erasmus het die afgelope tyd ʼn paar keer daarop gesinspeel dat daar in die proses seker ʼn toets of twee verloor sal word.

Hy wil spelers in druksitasies plaas om te sien of hulle het wat die Wêreldbeker-toernooi van hulle sal vereis.

Die hoofgedagte is egter dat die span sal “groei”, volgens die Bokke se voorspelerafrigter, Matthew Proudfoot.

Erasmus sal na verwagting so gou moontlik van die land se voorste beseerde spelers soos ondermeer Eben Etzebeth, Malcolm Marx, Warren Whiteley, Coenie Oosthuizen, Lood de Jager en van die ander aanspraakmakers ook op toetsvlak kans gee.

Erasmus is kwaai gekritiseer omdat hy, kort voor die einde van die eerste toets, met Engeland wat begin terugveg het, soveel veranderings van die bank af gemaak het. Maar dit maar dit is klaarblyklik deel van die groter Wêreldbeker-prentjie om die jonger spelers stelselmatig soveel toetsblootstelling moontlik te laat kry.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veritas ·

Die verskonings begin al nog voordat hulle verloor het. Rassie weet mos dat die 1ste toets ‘n vloekskoot was. As dieselfde wedstryd by die kus gespeel was, het die resultaat heel moontlik baie anders daar uitgesien en hy is deeglik daarvan bewus. Jammer vir die handjievol spelers wat op meriete gekies is maar julle name gaan saam deur die modder gesleep word. Hier kom nog groot skande.

Optimisties ·

Hoekom so pessimisties wees Veritas? Met al die politieke druk van die regering af doen hulle nogal goed,opwindinde spelers van die toekoms is besig om hand op te steek. Onthou een ding,die huidige All black spelers begin bietjie lank in die tand raak en sal nie vir nog baie jare speel nie,en dit lyk nou nie of hulle reserewe krag dieselfde kwaliteit is as die huidige span nie .Jy gaan maar jou woorde moet sluk vorentoe. Hierdie is n jong spannetjie wat die hele Suid Afrika verteenwoordig, n jong spannetjie vol talent en passie wat dit nog ver gaan bring. Wees eerder positief en ondersteun jou land as wat jy hulle wil afkraak.

Stem ·

Stem saam Veritas. Lyk my Optimisties en Jim het nie ‘n lang geheue nie. Die arme ou bokkies is gewoont aan verloor die laaste paar jare. Een gelukkige wen maak hulle beslis nie wereld gehalte nie. As die booke so vrot aanhou speel sal hulle binnekort teen Affies, Grey en ander top skole spanne moet begin speel vir ‘n plek. AGV spelers wat nie op meriete gekies word nie ondersteun ek en duisende ander Suid afrikaners oorsee ‘se spanne wat gekies is omdat hulle in die span hoort. Daar is twee redes waarom ons spelers vir oorsee se spanne speel. Een is geld en die anders is hulle word nie op meriete gekies vir die bok span nie.

Jim ·

Ek stem saam Optimisties, dit was opwindend om die toets te kyk ,ongeag foute en aanvanklike swakker spel. Ek sal graag by Veritas wil hoor wie hy sou kies in die plek van die spelers wat volgens hom nie op meriete in die span was nie?

Josua Keys ·

Johan Ackerman het ‘n kultuur saam met Swys by die Leeus geskep dat teen die sestigste minuut veranderinge op die veld gaan kom, julle is welkom om dit te gaan navors met wedstryde van die Leeus die afgelope 3jaar, die ouens wat op die bank het geweet dat hulle teen die sestigste minuut speelkans gaan kry ongeag die telling, dit het daartoe gely dat die Leeus uitstekende rugby gespeel het want die ouens was sielkundig daarvoor ingestel dit het die ou op die bank ook die geleentheid gegee om die spel te ontleed en in die laaste 20- 25minute met nuwe vuur op die veld te draf. Ek stem nie saam dat ‘n speller 10minute of minder kry om n verskil te maak nie dit ontwrig net die spelpatroon en kan soms tot ‘n nederlaag ly. Swys het die span afrigting oorgeneem en nie by die kultuur gehou nie en dit het duidelik die Leeus se spel negatief beinvloed die afgelope seisoen, daar word te gou spelers vervang of te laat, Johan het bewys dat veranderinge van die bank werk as dit by die 55ste -60ste minuut gedoen word en ek hoop Rassie neem dit te harte want anders gaan ons slae kry maak nie saak teen wie ons gaan speel nie, noodgedwonge veranderinge(Beserings/ bloed) is iets anders. Rassie moet net sy spelers vertrou en uit te hou tot en met die 55ste-60ste minuut, DIT WAS DIE LEEUS SE TROEFKAART DIE LAASTE DRIE JAAR!!!!!!

LHS ·

Jim in sekere posisies sal ek vir jou drie name kan gee, soos in Koalise se plek as flank.

LHS ·

Die optimistiese persoon. Jong spannetjie wat die hele S.A. verteenwoordig seg jy. Mooi vir jou, wanneer gaan Bafana ook so maak? Ongelukkig is sport nie veronderstel om enige iets met verteenwoordiging, politiek of kleure te doen te he nie, die BESTES is veronderstel om beloon te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.