Rassie se Duane-tameletjie

Duane Vermeulen tydens ‘n Bokoefening verlede jaar (Foto: SA Rugby)

Hoeveel is genoeg?

ʼn Rugbyspeler het net ʼn beperkte rakleeftyd en as hy gelukkig is, kan hy oor ʼn tydperk van sowat tien jaar sy brood en botter as senior beroepspeler verdien. Maar as die beseringspook kom kuier, kan die mat onder hom uitgeruk word. Hy word dus gelok na waar die pot goud  is.

Ja, hy kan, en behoort, vir nog 30 jaar die een of ander betrekking te beklee, maar hoeveel rugbyspelers is opgelei?

Kom ons neem Duane Vermeulen as voorbeeld. Sy kontrak by Toulon loop aan die einde van die Franse seisoen ten einde.

Vermeulen is een van die tien bes betaalde spelers in Frankryk (en die wêreld) en volgens berigte het hy sedert 2015 tussen R8,7 en R10,1 miljoen per jaar verdien. Onthou, hy het ook in 39 toetse gespeel waar sy wedstrydgeld om en by R100 000 per toets beloop het. Dan was daar ook jarelange kontrakte by die Westelike Provinsie (Stormers) en die Cheetahs.

Maar nou het Toulon se eienaar, die sakeman Mourad Boudjellal, sy kontrak dienooreenkomstig verminder, want Vermeulen sou oor die volgende twee jaar vanweë sy internasionale verpligtinge net 11 uit 24 maande vir die klub kon speel.

Boudjellal het die dienste van die Nieu-Seelander Liam Messam bekom, wat vanweë die Kiwi’s se kiesbeleid nie vir die All Blacks in aanmerking sal kom nie en dus die hele seisoen vir Toulon kan speel.

Daar is algemeen verwag dat Vermeulen ná die Franse seisoen na die Kaap sou terugkeer, vir die Springbokke beskikbaar sou wees en ook vir die Stormers sou speel wanneer die Superrugbyseisoen ná die toetsreeks teen Engeland hervat word.

Maar Vermeulen gaan glo eers ʼn draai in Japan maak om nog te skep en kan dus vir ʼn hele paar maande nie vir Bokke en Stormers beskikbaar wees nie.

Moet Rassie Erasmus (ons aanvaar dat Allister Coetzee, wat glo Donderdag met die Suid-Afrikaanse rugbybase oor sy toekoms vergader het, nie meer die Bokke sal afrig nie) Vermeulen as sy kaptein oorweeg?

Ek ken Vermeulen sedert sy jong speeldae in 2004 by die Pumas, Cheetahs en Westelike Provinsie (Stormers). Waar hy speel, gee hy sy beste en steek hy nooit lyf weg nie.

Maar is dit geregverdig om hom bo Warren Whiteley as Springbokkaptein te oorweeg?

Nee!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Callie ·

Duane se rak leeftyd is verby. Warren is enige dag huidiglik beter as hy. Let wel, huidig

LR ·

Vergeet van D Vermeulen sy beste speeldae is berby, hy het ook nie regtig beindruk met sy laaste paar wedstryde vir die bokke nie. Whiteley is in elk geval n beter leier.

alwyn burger ·

Warren het niks gedoen om van kapteinskap onthef te word nie. Hoekom is Vermeulen se vergoeding in Frankryk verminder?. Hoekom is hy op pad na Japan?. Hy moet dink aan uittree. Speeltyd is verby!!

Frans C ·

Vermeulen is ‘n ervare speler.Ervaring kan jy nie koop nie.Hy is die regte speler om jonger spelers touwys te maak.
So van Super rugby gepraat.Dit is maklik om NZ en Aussie-spanne se spanne op die web op te spoor.
Dieselfde kan nie van die SA spanne gesê word nie.Die Stormers,Sharks en Lions, speel op 17 Februarie hul eerste wedstryd,Dit is oor minder as 4 weke en steeds lees ‘n mens van spelers wat hul by een of ander span gaan aansluit.

Is dit nie die doodsteek van ons spanne nie dat daar min kontiniteit is vanweë die gedurige wisseling van spelers nie.Selfs die Lions gaan mi
vanjaar sukkel omdat veranderinge veral in afrigtingspersoneel nie altyd suksesvol is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.