Rassie se Springbok-waagstuk

Pieter de Villiers – weer hulpafrigter van die Bokke? (Foto: Youtube)

Rassie Erasmus het geen gras onder sy voete laat groei sedert hy verlede jaar in November in sy pos as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van afrigting ingeval het nie.

Hy het binne die bestek van twee maande die afrigtingstrukture van die Blitsbokke aangepas, en hy het Jacques Nienaber (Munster se suksesvolle verdedigingsafrigter) en die klub se kondisioneringsafrigter, Aled Walters, na Suid-Afrika gelok.

Daar is Maandag ook nie-amptelik aangekondig dat Duane Vermeulen ná die Franse seisoen in Mei permanent na Suid-Afrika terugkeer. Dit was een van Erasmus se groot wense, om onder meer vir Vermeulen en Steven Kitshoff (wat verlede jaar reeds na Suid-Afrika teruggekeer het) aan boord te kry.

Erasmus sal Vermeulen na alle waarskynlikheid as sy Springbokkaptein aanstel. As dit nie reeds vir die toetsreeks van drie toetse in Junie teen Engeland is nie, sal Vermeulen straks die leisels in die Rugbykampioenskap of die toer aan die einde van die jaar neem, wanneer die Bokke weer teen Engeland en nog twee of drie ander toetse sal speel.

Daar heers steeds onsekerheid oor Allister Coetzee se toekoms as Springbokafrigter, maar as ʼn mens die stories in die wandelgange van Saru se kantore kan glo, sal Coetzee, Franco Smith, Matthew Proudfoot en die konsultant Brendan Venter binnekort nie meer by die Bokke betrek word nie.

Erasmus sal die leisels neem, Nienaber en Walters word vanselfsprekend betrek asook die gewese Franse stut Pieter de Villiers, wat by Proudfoot sal oorneem.

Maar dan die groot skok: Mzwandile Stick sal van sy verpligtinge by die SA o.20-span losgemaak word en weer by die Bokke inval. Ja, Stick wat nie die mas onder Coetzee as agterlynafrigter in 2016 opgekom het nie en deur Smith vervang is.

Daar is steeds gerugte dat Deon Davids, afrigter van die segelose Southern Kings in die Pro14-reeks, ook in die een of ander hoedanigheid betrek kan word.

Die groot vraag is of dié afrigtingspan die Bokke terug op die wenpad kan kry en of die vuisvoos ondersteuners sal inkoop?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wesley ·

Hoe is Stick nou n groot skok, as dit Rassie se hand was wat hom in die eerste plek by die Kings en toe by die Bokke ingekry het? En dalk mag hy beter vaar indien hy onder Rassie se bewind is en nie onder Allister nie. Kom ons kyk maar liewer na n span van mense… Almal dink dis net die man in isolasie wat presteer, sodoende ons aanhanging op net Rassie, of net Vermeulen en Pollard ens. n Span met n “bunch of nobodies” het al kampioene geword, tot wanneer hul spelers met verontwaarding gekyk word, en vertel hul te klein, te broos en te tingerig vir hul posisies. Dit vat n span, met “team players” om sukses te behaal, nie net n klomp individue nie.

penny ·

Rassie en Stick gaan selfde pad loop as voorgangers ,politiek en geld ,vat die Springbok embleem weg ,julle is n skande !!!!

Hennie ·

Die groot probleem met sa rugby is ons het nie afrigters wat spelers kan ontwikkel nie. Net vrystaat afrigters weet hoe om spelers te ontwikkel . Die. vrystaat het nie geld om spelers te koop. nie so hulle moet hulle ontwikkel. Hier is drie afrigters in die land wat weet hoe om spelers te ontwikkel is Rassie Franco Smith en Brenden Venter. Kyk spelers wat hier gespeel het maar wat nie reggekom het nie. En oorsee gaan speel wat n baie groot verandering onder gaan het Paul Jordaan Ruan Pienaar Faf de Klerk so kan ek aangaan. Die af rigters oorsee is meestal ALL BLACK’S en daar is nie n ding soos n GAME PLAN . Speel die rugby wat jy ken dit laat hulle uitstaan. Willie Le roux kan in geen game plan pas nie hy speel wat voor hom is en kyk hoe goed doen hy nou. Ek is nie n Blou Bul nie maar hierdie jaar is hulle die span om dop te hou. John Mitchell is n ALL BLACK en hulle gaan die super rugby wen. Alister Coetzee het nog altyd op iemand se rug gery kyk Kolsi onder hom was hy nerens en toe Robbie Fleck oor geneem het hoe het Kolsi nie in n eerste klas speler ontwikkel nie. Ek is n ALL BLACK Maar gee RASSIE n kans dinge sal verander .
Miskien ondersteun ek weer SA Rugby

Rianto ·

Regtig!! Stick!!! Daar is beter afrigters by Tuks se junior rugby

B-man ·

Dis eenvoudig! Net drie goedjies moet verander in SA-rugby…
1. Die spelers
2. Die afrigters
3. Die bestuur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.