Rassie se waagstuk, of is dit vooraf se kopspeletjies?

Elton Jantjies – gaan hy nou weer weer kans kry? (Foto: GB Jordaan)

ʼn Mens weet nie hoe betroubaar en in die kol  die bespiegelings vanuit Australië is oor die Springbokspan wat Saterdag in Brisbane in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies speel nie.

As dit egter waar is, speel die Bokke se afrigter, Rassie Erasmus, met vuur.

Ja, hy het ná die toetswedstryd teen die Argentynse Poemas in Mendoza, wat die Bokke met 19-32 verloor het, gesê daar sal selfondersoek gedoen moet word en daar kan verskeie skuiwe aangebring word.

Nou is daar sprake van ses veranderings, waarvan vier sin maak, maar twee glad nie.

Daar word steeds proefnemings gedoen om die regte senterkombinasie te vind en daar sal straks weer teruggeval word op Damian de Allende en Jesse Kriel in André Esterhuizen en Lukhanyo Am se plekke. Dis hoe daar tans ingeoefen word.

Om Pieter-Steph du Toit na die vaskopflank te skuif en Siya Kolisi weer in die nommer 6-trui te laat speel, kan in die kol wees.

Francois Louw het nie teen die Poemas oortuig nie en sy kop is op die blok.

Só ook is die insluiting van Steven Kitshoff in die opdrafspan op loskop in Beast Mtawarira se plek ook ʼn kwessie van raakvat.

Maar om Elton Jantjies weer op losskakel in die plek van Handré Pollard te kies en om sy enigste baljagter, die haker Malcolm Marx, met Bongi Mbonambi te vervang teen iemand soos David Pocock, is mos vir moeilikheid soek.

Erasmus weet ook alte goed dat Brisbane die Wallabies se grootste bondgenoot is, want dis waar hulle sedert 1992 tien van die 11 toetse wat in dié stad tussen die twee lande gespeel is, gewen het.

Vergeet van Loftus se spook, vergeet van Ellispark as bondgenoot. Brisbane beteken vir die Wallabies net soveel as wat Edenpark vir die All Blacks van waarde is.

Van die Wallabies se roemrykste oorwinnings oor die Bokke is in die Suncorp-stadion behaal (waar Saterdag se toets plaasvind). In 2006 het hulle die Bokke van Jake White met 49-0 afgeransel en in 1999 het hulle die Bokke met 32-6 geklop, juis toe Erasmus die eerste (en enigste) keer as kaptein gekies is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oudste ·

Tydens ons eerste jaar chemiese klas by Tuks, net na die runderpes, seg die praktiese dosent vir ons om nie sekere chemikaliee, wat op die werksbank staan, te meng nie. Gaat ‘n moedswillige rakker en meng die goete. Een hengse slag en rook volg toe op sy moedswilligheid. Rassie, was jy dalk daai rakker?

nico k ·

Kom ons wag nou maar eers vir die span voor ons opgewonde raak. Ek kan nie glo dat Marx vervang sal word nie. Pollard daarinteen was nie baie suksesvol nie, en skop swak. Maar ek dink Jantjies het al genoeg kans gehad en ons weet hy is nie die oplossing nie.

bollie ·

Die senterpaar is definitief ‘n verbetering maar asseblief net nie Junkies nie.

Anoniem ·

Rassie, Jy moet asseblief net ‘n slag die volgende gebedjie bid en vra vir WYSHEID en INSIG ! Jy het nog nie die regte kombinasies nie want Jy vra nie !

LHS ·

Snaaks dat Elton vir 3 jaar die Leeus kon help deurgaan eindstryd toe in super rugby teen presies dieselfde opponente maar skielik sukkel as hy by die bokke kom, twak, gaan kyk wat doen die Leeus reg om Elton die geleentheid te gee om sy natuurlike spel te speel, dit wat bokafrigters nog moet leer. Kies die regte spelers vir die bokspan en hou op om die puppet meesters hulle sin te wil gee.

LHS ·

Snaaks dat Elton vir 3 jaar die Leeus kon help deurgaan eindstryd toe in super rugby teen presies dieselfde opponente maar skielik sukkel as hy by die bokke kom, twak, gaan kyk wat doen die Leeus reg om Elton die geleentheid te gee om sy natuurlike spel te speel, dit wat bokafrigters nog moet leer. Kies die regte spelers vir die bokspan en hou op om die puppet meesters hulle sin te wil gee.

LHS ·

Kom ons wed. Volgende 4 word ook verloor, met rekord verloor telling teen NZ. Na wereldkampioenskappe SA 12 de op ranglys. Wel gedaan regering.

lukas ·

Ek is nie skepties nie, maar Rassie kon nog nooit die vrystaat na n super liga se final toe vat nie,

Lizzie ·

Rassie kan nie vir Marx uithaal nie want dan gaan die Bokke definitief verloor. Toegegee Jantjies het vir die Leeus tot drie eindstryde geskop maar nog elke keer het hy vir die Springbokke misluk. Ek dink hy kan die druk nie goed verwerk nie. Haal vir Franscois Louw uit en sit vir Pieter Steph du Toit op flank. In sy vorige wedstryde op flank het hy baie goed gedoen. Daar is dan genoeg andr slotte, RG Snyman, Franco Mostert en Eben Etzebeth.

Gollie ·

Rassie verdien dieselfde wat Coetzee oorgekom het daar was te veel gepraat oor die afrigter se keuse

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.