Rassie verander noodgedwonge aan sy Springbokspan

Embrose Papier – kry sy eerste kans in die beginspan. (Foto GB Jordaan)

Dit gebeur op elke moderne Springbok-toer dat daar ʼn paar spelers is wat gefrustreerd raak omdat hulle vir weke lank duiksakke moet vashou.

Soms kan dit boemerang, want die spelers raak verveeld en voel hulle hul verdien darem minstens ʼn plek as een van die plaasvervangers.

Maar as daar na die groter prentjie gekyk word, as die spelers ondanks die teleurstelling dit kan verwerk en steeds positief in oefeninge bly, kan hulle beslis in die wedloop vir plekke vir aanstaande se Wêreldbeker-toernooi bly.

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het Donderdag soos algemeen voorspel is, ses veranderinge, waarvan twee posisioneel en twee op die bank is, vir Saterdag se toets op Murrayfield teen Skotland aangebring aan die groep van 23 wat Frankryk met 29-26 in Parys geklop het.

Dit klink na baie, maar dit is nie, want dit is meestal posisioneel en daar is geen verrassings nie.

Die skrumskakel Embrose Papier sal in die eerste van sy toetse begin omdat Faf de Klerk vanweë sy klubverpligtinge by die Sale Sharks nie beskikbaar is nie. Dan kry die slot RG Snyman ook kans in die beginspan in die plek van Pieter-Steph du Toit, wat flank toe skuif in die plek van Duane Vermeulen, wat agtsteman speel in die plek van die beseerde Warren Whiteley.

Ivan van Zyl en Lood de Jager vervang Snyman en Papier op die bank.

Dit beteken dat agt spelers op toer (Gio Aplon, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Louis Schroeder, Trevor Nyakane, Sikumbuzo Notshe, Schalk Brits en JD Schickerling) steeds nie speelkans kry nie.

Die kans is ook baie goed dat nie een van hulle teen Wallis ingespan sal word nie, want Erasmus sal kontinuïteit wil behou en nie die toer met ʼn neerlaag wil afsluit nie.

Papier, wat nog net 29 minute speelkans in vier toetse gekry het, moet wys dat hy en Ivan van Zyl, wat teen Engeland gespeel het, saam met De Klerk die manne in die saal is vir aanstaande jaar se WB-toernooi in Japan.

Snyman speel in die beseerde Eben Etzebeth se plek en hy verdien dit om bo De Jager ingespan te word.

Net soos verlede Saterdag teen Frankryk, is dit die beste beskikbare span op toer.

Ja, die Bokke het gepoer-poer teen die Hane, maar was dit nie eerder ʼn verkeerde speelpatroon wat gevolg is nie?

Springbokspan (aantal toetse en punte tussen hakies)
15.Willie le Roux (51, 60). 14. Sbu Nkosi (5, 20). 13. Jesse Kriel (38, 50). 12. Damian de Allende ( 35, 20). 11. Aphiwe Dyantyi (11, 30). 10. Handré Pollard (37, 318). 9. Embrose Papier (5, 0). 8. Duane Vermeulen (44, 15). 7. Pieter-Steph du Toit 44, 20). 6. Siya Kolisi (kaptein, 39, 25). 5. Franco Mostert (27, 5). 4. RG Snyman (10, 0).  3. Frans Malherbe (27, 0). 2. Malcolm Marx (22, 20). 1. Steven Kitshoff (35, 5). Bank: 16. Bongi Mbonambi (24, 15). 7. Thomas du Toit ( 7, 0). 18. Vincent Koch (11, 0). 19. Lood de Jager (37, 20). 20. Francois Louw (63, 45). 21. Ivan van Zyl (4, 0). 22. Elton Jantjies (31, 223). 23. Cheslin Kolbe (5, 10).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Henk ·

Wanneer gaan Erasmus ophou om met DeAllende te volhard. Hy is geen spelskepper nie en hy is uiters swak op verdediging. Die vleiels kry nooit die bal nie en Kriel lyk oorbodig in die span en vertoon swak met DeAllende langs hom. WAT moet hy nog doen om te bewys hy hoort nie daar nie. Wanneer kry die bokspan n ware baljagter op flank? En ek wonder oor die stelling dat Erasmus nie die toer op n verloor wil afsluit nie. Wie se hy gaan komende Saterdag wen vir n begin?

Dereck Le Roux ·

Talle van die “Bokke” is vir niks beter werd as om duiksakke vas te hou nie en daar word te gereeld sekere spelers opgehewe wat glad nie internasionale standaard is nie.

B-man ·

Dankie, Henk. Die ellende verdedig power en wanneer hy die lyn mooi breek gee hy nie uit nie. Arme Kriel en die vleuels.

LHS ·

Van wanneer af moet n speler eers gekies word en dan moet hy homself bewys? Die logika hieragter is vir my n diepe raaisel. Ek kry eintlik die min spelers wat dit werklik verdien ongelooflik jammer want hulle gaan deel uitmaak van die span wat vlg. jaar moontlik nie eers in n kwarteind wedstryd gaan speel nie. In nie een van die toetse vandat Erasmus homself daar ingewurm het, het die span enige tekens van n n wenspan gewys nie. Groot geluk en verdediging was telkens ons redding in n mate. Ek sal verseker nie wed op n wen vir eerskomende Saterdag nie.

Michiel ·

Jy kyk duidelik nie rugby nie. Geen tekens van ‘n wenspan nie? Lag ek nou lekker vir jou

Swartwolf ·

Heeltemal reg van die slotte soos Pieter Steph is vinniger as die Ellende. It is hondsleg met verdediging aan sy buitekant en gaan gewoonlik dood met die bal. Van die baljagter kan ons vergeet want bok kwota kaptein speel daar. En hy is klaar moeg. So in die geval is hoop ‘n strategie.

Michiel ·

Jy kyk duidelik nie rugby nie. Ons het 2 van die beste baljagters in wêreld rugby in die span, hoeveel ander spanne kan dit sê?

ACJ ·

Kwota speler of nie dis Rassie wat besluit wat kan ons daaraan doen

Karen ·

Ag tog hier gaan ons alweer wen een verloor een elke keet witd daar asn die wenspan gekarring om elke outjie sy belofte van 5min op veld met groen en goud truitjie rond te speel. Hou op beloftes maak vir nuwe spelers betaal spelers vlgns prestasie. Verlede week het hulle gewen hierdie naweek……rassie het in elk geval vertroue verloor toe hy saggies die ref se besluit teen engelse aanvaar het….

nico k ·

Ek dink dit is ‘n goeie span en dat daar nie beter beskikbaar is nie. Ek weet nie hoekom die mense so vreeslik teen de Alende is nie. Wie anders? Esterhuizen? Al wat hy ook doen is om in die spelers vas te hardloop. Op binnesenter het jy ‘n groot ou nodig wat die bal kan vasmaak as die agterlyn in die moeilikheid is. In toetsrugby word daar nie heeldag met die bal rondgehardloop nie. Die verdedigings is te goed. NZ het die beste agterlyn in die wêreld en in die 2 toetse teen ons en laas Saterdag het hulle agterlyn niks gemaak nie.

Frans C ·

Dit mag so wees Nico,want alle spanne is daarop ingerig om die teenstanders se bal so stadig soos moontlik by die afbreekpunte te maak en deur opskietverdediging die teenstanders agter die voordeellyn vas te vat.

So hoop hulle om die foute wat begaan word uit te buit.Dit het Engeland op ‘n nat veld goed reggekry.Die nuwe reëls en selfs die verhoging in die waarde van ‘n drie het niks bygedra om hardlooprugby te bevorder nie.

Dan is daar die ‘vyandige’ skares wat nie omgee hoe hul span wen nie,want alle noordelike spanne wil tog so graag ‘n wen agter hul naam skryf teen ‘n suidelike halfrond
span.

Verwag dat die Skotte ons ‘n moeilike tyd gaan besorg en veral Paier onder druk gaan plaas.Hoop hy kom die mas op en kry voldoende beskerming van sy voorspelers wat nie net die bal in die lynstaan na hom gaan klap nie.

Ek glo dit is ‘n fout om met Marx te begin.Hy en ander Bokke lyk vir my oorspeel en moeg.

Christo ·

Gooi Kolisi uit hys moeg ,weet nie van wat ?kry n baljagter soos Kwagga en daai van der Merwe haker van die Lions dan sal daar weer n verbetering wees ,jy kan nie donkies renperde maak ,hul moet die talent endie wil he !!!!

Michiel ·

Ek wil net uit die staanspoor sê dat ek nie ‘n Kolisi-fan is nie, maar hierdie kommentaar sowel as ander hierbo is baie onregverdig. Hoekom is ons Suid-Afrikaners altyd so krities oor ons eie spelers terwyl die res van die wêreld hulle as iets anders sien? Gaan kyk gerus na Fox Sports en ESPN se span van die toernooi na afloop van vanjaar se Rugby Championship. Kolisi is in beide se spanne…

En ek sê weer, ons het 2 van die beste baljagters in wêreld rugby in die span, wat meer wil julle hê? Moenie vas kyk na die nommer op ‘n ou se trui nie, rugby is ‘n spansport onthou…

@Michiel ·

Jy wag op n vraag wat jy reeds self beantwoord en bevestig het????
Hoekom is jy nie eintlik n kolisi fan nie? Omdat jy miskien weet hy is nie die beste speler ,baljagter of kaptein wat vir daai posisie gekies kan word nie en laat dis n leemte?Dan vra jy hoekom mense so krities is oor sekere spelers? Se my hoekom dink jy dat hy kolisie regtig gekies is? My eerlikke opinie is dat miskien omdat Rassie sy politiese base probeer gelukkig hou of wat dink jy? Ek is seker dat weereens jy die antwoord ken maar weens politiese korrektheid en bangheid sal jy seker weer die antwoord en feite vermy!

ACJ ·

Kwota speler of nie dis Rassie wat besluit wat kan ons daaraan doen

Jaco ·

Môre
Ek wil n klip in die bos gooi, deur te sê julle almal kyk die probleem mis. Die probleem is Mnr. Stick hy is en was nog nooit n afrigter nie wat nog te sê verdedigings afrigter. Waar krap hulle die man uit of is dit ook deel van kwotas?? Die ou kon nie eers behoorlik Sewes(7) rugby speel nie nou wil hy kom 15 man rugby leer. Nee wat SARU al wat ek kan sê is julle gaan met niks terug keer van die Wêreldbeker af, nie eers die houtlepel nie.

@ Jaco van W.A.J! ·

Jy slaat hom oppie kop!!!
Wat weet daai ou nou eintlik van afrigting vra ek ok al n geruime tyd???
Kyk as die ouens perform en wen sal ek nie kla nie maar as nie dan mag ek mos vra wat aangaan aangesien sekere mense dink dit is n autokrasie ,n diktatorskap en jy mag nie jou opinie lig nie!
Hoekom is hy daar ?Maar ek dink ons weet hoekom…politiese korrektheid…
Geen wonder die agterlyn lyk so onavontuurlik en verbeeldingloos nie!!!
Meer vir my soos n Stick in the mud!

Schalk ·

Bla,bla,bla aan al die gdugte kenners met hul hovaardige rugby ondervinding en sport gaan sit bietjie op jou jis.Wees objektief en kyk na jouself en of jy werklik so kundig is en vermoens het,dat jy die stellings kan maak wat jy maak.Leer om op te bou en nie af te breek(brand) nie.Miskien kan jy so n positiewe bydrae maak.Moenie so slapgat wees soos Adam wat sy vrou blameer het nie. Hoekom moet iemand altyd blameer word,hierdie mentaliteit is siek en afbrekend.Kom ons almal kom met opbouende voorstelle.Ek glo elke speler doen sy bes en wil graag wen vir sy land en sy mense dit bly n SPORT.Sekere van ons verafgod sport en ons begin praat soos hy en raak aanmatigend asof ons sulke goeie rugby spelers was en alles kan in ag neem Ons weet nie eers die windrigting op die dag nie.Praat met insig en wysheid.Net n stuiwer ek vang myself ook nog af en toe op kritiek kar mooiloop rugby liefhebber.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.