Rassie verklein Bokgroep vir Mendoza met ses spelers

Jesse Kriel – uit die Bokgroep weggelaat. (Foto: Japanese times)

Ná Saterdag se goeie vertoning van Lukhanyo Am langs sy Sharks-sentermaat André Esterhuizen, was dit seker te wagte dat hulle as kombinasie nog ʼn kans in die volgende toets sou kry.

Dit beteken dat Jessie Kriel een van die drie agterspelers is wat Maandag nie saam met die Springbokke Argentinië toe sal vertrek nie. Die volgende toets in die Rugbykampioenskap word Saterdag in Mendoza teen die Poemas gespeel.

Ross Cronjé en Lwazi Mvovo is die ander twee agterspelers wat uit die groep gelaat is, terwyl die losvoorspelers Jean-Luc du Preez  en Sikhumbuzo Notshe en die slot Marvin Orie ook weggelaat is.

Cyle Brink is ook nie oorweeg nie nadat hy in die week ʼn knieoperasie ondergaan het.

Dit is interessant dat Franco Mostert nou seker ook as ʼn oorsese speler beskou moet word. Sy span, in die amptelike verklaring wat SA Rugby uitgereik het, word as Gloucester aangegee.

Die Springbokke het gister  ʼn “hersteldag” in Durban gehad.

Erasmus sal sy span vir Saterdag se toets soos gebruiklik Donderdag bekend maak.

Die verkleinde Springbokgroep van 28 spelers ‒

Voorspelers –
Thomas du Toit (Sharks), Pieter-Steph du Toit (Stormers), Eben Etzebeth (Stormers), Steven Kitshoff (Stormers), Siya Kolisi (kaptein, Stormers) Francois Louw (Bath, Engeland), Wilco Louw (Stormers), Frans Malherbe (Stormers), Malcolm Marx (Lions), Bongi Mbonambi (Stormers), Franco Mostert (Gloucester, Engeland), Beast Mtawarira (Sharks), RG Snyman (Bulls/Honda Heat ), Akker van der Merwe (Sharks), Marco van Staden (Bulls), Warren Whiteley (Lions).

Agterspelers –
Lukhanyo Am (Sharks), Faf de Klerk (Sale Sharks, Engeland), Aphiwe Dyantyi (Lions), André Esterhuizen (Sharks/Sanix Blues, Japan), Elton Jantjies (Lions), Willie le Roux (Wasps, Engeland), Makazole Mapimpi (Sharks), Lionel Mapoe (Lions), Embrose Papier (Bulls), Handré Pollard (Bulls), Ivan van Zyl (Bulls), Damian Willemse (Stormers).

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Jantjies moes tuis gebly het en nie Jessie Kriel nie!

Angus Stewart ·

Lukie is reg. Ek glo ook die bokke moet n nuwe naam kry – die beste spelers in SA is tog nie verteenwoordig nie – meriete het blykbaar geen plek is die nuwe SA en in rugby nie. Ek dink die ou bokke draai om in hulle grafte.

Henry ·

Maklik Angus
Ek noem die span reeds sedert Toetie se tyd – Toetie se span, Rassie se span. Klink beter as kwotaspan. Al die lede van die span kan darem nie onder daai kam geskeer word nie.
:-)

LHS ·

Myns insiens verdien geen speler uit die vrotste franchise van die S.A. spanne enige plek in n bokspan nie.

Corne ·

LHS wonder vir waste span skree jy? Alle spanne gaan deur n moeilik tyd dit isdeel van die lewe en deel van sport.Om spelers uit te haal omdat span nie presteer nie is sekerlik nie regverdig nie? BV as jou werk n boete kry vir watookal se rede moet jy dan ook die boete betaal? net n klip in die bos..

Mac ·

Al wat gaan saak maak op die einde van die dag is die resultate op die veld

Gemaskerde Sopbeen ·

Awesome persoonlikheid, goeie leier, goeie mense mens…………maar over-rated Warren Whiteley kon ook maar gebly het. Hy het Saterdag teen die Pumas nie veel gedoen nie, behalwe foute gemaak…

Louise Viljoen ·

Jantjies is ‘n uitstekende speler en hy en Faf ken mekaar. Ek glo Jantjies verdien om in die span te wees.

Stem ·

Ek stem hy is eenvoudig pateties en Francois Flouw was nog nooit eintlik meer as net flou nie. Daars egter baie flanke opsies in RSA.

Chris Noordkus ·

Ek hoop iemand gee vir Rassie ‘n flits want hy tas in die donker rond, soos hulle in Engels se ”watch this space”

Regtig... ·

Regtig Jantjies? Die ou kan nie verdedig of aanval nie. Dis bitter teleurstellend. Jammer om dit te erken. Hy gaan weereens die opposisie se beste speler wees.

nico k ·

Ek dink ook dat Whiteley niks gedoen het nie. Hy is nie die speler wat hy was nie. En Francois Louw ook nie veel gesien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.